www.bybelkennis.co.za Blog
“I pray that you all put your shoes way under the bed at night so that you gotta get on your knees in the morning to find them. And while you’re down there thank God for grace and mercy and understanding. We all fall short of the glory, we all got plenty,” Denzyl Washington
Wonders: Die moontlikheid van wonders
Wonders is, per definisie, oortredings van die natuurwette. Daarom glo baie wetenskaplikes dat wonders nie kan plaasvind nie. Kom ons kyk na die sentrale aanspraak van die Christelike geloof: Jesus het uit die dood opgestaan. Is daar die moontlikheid van ‘n wonder? Dit is tog nie ‘n natuurlike verskynsel nie. As ons wil weet of iets ‘n wonder is, moet ons die wet ken waarvan hierdie wonder ‘n uitsondering is. As ons nie weet dat mense wat doodgaan in hulle grafte bly nie, sal ons nie weet dat Jesus se opstanding ‘n wonder is nie.
Too often we enjoy the comfort of opinion without the discomfort of thought. -John F. Kennedy (1917-1963)
Wonders: Die aard van verduideliking
Baie ateïste glo dat God die God van die gapings is: “Ek kan dit nie verduidelik nie, daarom het God dit gedoen.” As jy in so ‘n God glo, is dit duidelik dat jy ‘n keuse tussen God en die wetenskap moet maak. Hoekom? Weens jou definisie van God. In werklikheid sê jy: soos die wetenskap toeneem, verklein God. Maar ons glo tog nie in so ‘n God nie. God is nie ‘n God van die gapings nie, maar van alles – die stukkies wat ons verstaan en die stukkies wat ons nie verstaan nie. Toe Isaac Newton die wet van swaartekrag ontdek het, het hy nie gesê: “Ek het nou ‘n wet en het God nie meer nodig nie.” Hy skryf sy Pricipia Mathematica waarin hy die hoop uitspreek dat die wet van swaartekrag elke denkende persoon sou aanspoor om in God te glo. Hoe meer hy van die wetenskap verstaan het, hoe meer bewonder hy vir God wat alles so gemaak het.
A little knowledge is a lot of ignorance – Jim West
Wonders: Die eerste verwarring: natuur of geloof
Is geloof ‘n godsdienstige woord? Per definisie beteken geloof om te glo waar daar geen bewyse is nie Maar ateïsme is net so ‘n geloofsisteem soos teïsme. Hulle glo die heelal is die uiteindelike werklikheid, terwyl teïsme glo dat God die uiteindelike werklikheid is – albei glo in iets. Die werklike vraag is: Watter bewyse is daar vir die waarheid van enige van die twee?
Sadly more Christians are akin to jellyfish and ostrich than to salt and light simply because they prefer to be liked rather than obedient. Jim West
Wonders: Is geloof in wonders onlogies?
[Wonder = iets bonatuurliks; buitengewoons; iets wat nie met die verstand alleen verklaar kan word nie omdat dit teennatuurlik is – HAT]
Omdat wonders nie natuurlik verklaar kan word nie, moet daar ‘n bonatuurlike agent betrokke wees. As daar nie so iets soos ‘n bonatuurlike agent (soos God) is nie, is dit nie nodig om wonderwerke te bespreek nie. Die eerste vraag wat ons dus moet beantwoord, is: Is daar ‘n bonatuurlike agent/God of is hierdie materiële heelal wat ons sien al wat daar is? Met ander woorde: bestaan God? Die nuwe ateïste probeer ons wysmaak dat die wetenskap enige geloof in ‘n bonatuurlike God onmoontlik gemaak het.