www.bybelkennis.co.za Blog
Free will without God’s grace is not free at all, but is the permanent bondservant of evil, since it cannot turn itself to good – Martin Luther
Moet ons oor die duiwel praat?
“Humanity falls into two equal and opposite errors concerning the devil. Either they take him altogether too seriously or they do not take him seriously enough.” C. S. Lewis
Ons kan nie voorgee dat die duiwel en demone nie ‘n werklikheid is nie. Maar ons moet nou ook nie elke ongemaklike omstandigheid aan hulle toeskryf nie. ‘n Pap battery en ‘n verkeersknoop kan nie aan hulle toegeskryf word nie. Die vraag is: As Satan dan ‘n werklikheid is, as hy soos ‘n brullende leeu rondloop, wat kan Christene daaromtrent doen?
This generation of Christians is responsible for this generation of souls on earth. —Keith Green
Bemoediging en Barnabas
Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring (Handelinge 9:27)
Een van die belangrikste funksies van ‘n leier is om die hoop lewend te hou. As ander verlore is in ‘n donker doolhof van wanhoop, moet leiers die donkerte met positiewe projeksies vir die toekoms verdryf. Hulle maak diegene om hulle weer optimisties oor hulleself, ander en die toekoms van die organisasie. Hulle kom langs ander staan; hulle weet of ‘n spanlid ‘n vinnige teregwysing of ‘n skouer om op te huil nodig het.
We talk of the second coming; half the world has never heard of the first. —Oswald J. Smith
Moet Christene lees?
Is dit belangrik dat Christene moet lees? Verander die Internet die manier waarop ons lees? Tony Reinke (Lit! A Christian Guide to Reading Books) hanteer onder andere hierdie vrae in sy boek.
In sy wysheid het God bepaal dat geletterdheid ‘n belangrike rol in die openbaarmaking van sy plan moet speel. Meer as 300 verse in die Bybel verwys na wat geskryf is – ‘n terugblik na wat vantevore geskryf is. Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees (Romeine 15:4).
A house is no home unless it contains food and fire for the mind as well as the body. -Margaret Fuller (1810-1850)
Wat is die evangelie?
Ons beskryf dikwels God se genadegawe van verlossing as die die evangelie. Die oorspronklike Griekse woord het “‘n geskenk gegee aan iemand wat goeie nuus gebring het,” beteken. Later word dit vir die goeie nuus self gebruik. Dit is presies wat God vir ons in die evangelie aanbied – goeie nuus oor wat Hy vir ons in Jesus Christus gedoen het. Wat is dan die evangelie?
- Dit gaan alles oor wat God vir ons gedoen het