www.bybelkennis.co.za Blog
A hypocrite fools others while he lives, but he fools himself when he dies.” Thomas Watson
Hoe kry God jou aandag?
Mense verheerlik God deur heiligheid (R. C. Sproul). Die probleem is dat niemand God se heiligheid volmaak kan weerspieël nie. Basies beteken dit dat God praat en optree deur mense uit hulle opstandigheid wakker te maak. Hoe doen Hy dit? Hoe trek Hy ons aandag? Mense en omstandighede verskil en daarom gebruik God verskillende metodes.
Toe Dawid deur die profeet Natan gekonfronteer word, vertel die profeet vir hom ‘n verhaal en trek vir Dawid in die verhaal in (2 Samuel 12:1 – 15). Toe God die wet aan sy volk gegee het, het die berg gebewe en was dit in rook gehul (Eksodus 20). Ons kry ook die grond wat mense insluk (Numeri 26:10); kos wat uit die lug val (Eksodus 16); Elia wat God se stem in ‘n sagte fluistering hoor (1 Konings 19:2); ‘n donkie wat praat (Numeri 22:8); ens.
It is folly to think the Lord provides grace for every trouble but the one you are in today. —C.H. Spurgeon
Ek het ‘n fout gemaak (2)
In die vorige blog het ons gekyk na hoekom Maria Magdalena oorspronklik nie vir Jesus Christus kort na sy opstanding herken het nie. Nou kyk ons na die tweede vraag:
- Sukses: Hoekom het Maria Magdalena later die opgestane Jesus herken net om deur Hom aangestel te word om sy oorwinning oor die dood aan die apostels en ander aan te kondig?
Toe Jesus haar naam noem, word al haar sintuie weer “wakker.” Sy sien en hoor Jesus se teenwoordigheid en stem. Wat oënskynlik die Vrydag in ‘n tragedie geëindig het, is nou die begin van ‘n buitengewone bediening van Jesus, sy volgelinge en sy kerk.
No people can be safe, when they have provoked God to leave them” – Matthew Henry
Ek het ‘n fout gemaak (1)
Dit is baie maklik om ‘n fout te maak. Op Opstandingsondag het Maria Magdalena ‘n ongelooflike ondervinding gehad. Sy was die eerste persoon om die opgestane Jesus te sien; sy was die eerste persoon wat aangewys is om aan ander persone die Goeie Nuus te vertel. Maar sy het eers ‘n fout gemaak – sy het nie vir Jesus herken nie.
Hoekom het sy nie aanvanklik vir Jesus herken nie? Hoekom het sy later vir Jesus gesien vir wie Hy werklik is? Kan sy ons help om ons sintuie op te skerp sodat ons meer bewus word van die teenwoordigheid van die lewende Jesus? Twee vrae kom na vore:
- Hoekom het Maria Magdalena aanvanklik nie vir Jesus herken nie?
- Hoekom het Maria Magdalena later die opgestane Jesus herken net om deur Hom aangestel te word om sy oorwinning oor die dood aan die apostels en ander aan te kondig?
God is awesome; he doesn’t need you to be awesome. He wants you to be obedient. —Matt Chandler
Ek is nie trots op alles uit my verlede nie
Almal van ons het dinge uit ons verlede waarop ons nie trots is nie. Daarom het almal genade en vergifnis nodig – dit sluit my in. Ons moet die verlede toelaat om te sterf en waarlik lewe. Jesus Christus wil hê dat ons ‘n lewe van blydskap moet leef – Hy het ons gemaak; Hy het ons lief; Hy soek ons; Hy red ons.
As jy voel jou verlede oorweldig jou, dink aan hierdie dinge:
- Romeine 8:1: Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Geen beteken geen.