www.bybelkennis.co.za Blog
Jesus se kruisiging – Francois Malan
Martie vra:
Ek weet dat JESUS gekruisig is aan ‘n houtkruis. Gister vertel iemand vir my of ek weet dat JESUS se arms bo SY kop vasgeslaan is en so is HY gekruisig. Ek glo dit natuurlik nie, want die bord “koning van die Jode” is bokant sy kop vasgeslaan. Hoekom sou kerkmense nou met so ‘n ding na vore kom? of is ek verkeerd?
Die woord gesindheid – Francois Malan
Derick vra:
Hoeveel keer kom die woord gesindheid in die Bybel voor?
In the darkest hours of life, you got to believe something specific….to believe one thing is also to disbelieve another. To say yes is also to say no – Jaroslav Pelikan
Die voordele van onkunde
Daar is ‘n snaakse siening dat soos ons kennis van God toeneem die geheimenis sal verdwyn. Daarmee saam verdwyn die sin van wonder en eerbied. Hierdie siening is snaaks vir twee redes:
- Maak nie saak hoe ek ook al my verstand inspan om meer van God te wete te kom nie, sal ek nooit sy majesteit en heerlikheid uitput nie. Wat ons nie van God weet nie, bly onbeperk. Jy eer God en sy waarheid deur te groei in kennis van Hom.
In Christ’s God-to-humanity relation, he is a prophet; in his humanity-to-God relation he is a priest; in his headship over all humanity he is a king – Herman Bavinck
Die Woord word mens
Kersfees is ‘n tyd waar ons die wêreld behoort uit te nooi en te praat. Maar wat doen ons? Ons mompel ‘n paar woorde.
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1:14)
Hierdie Woord van wie Johannes hier praat het ‘n paar merkwaardige eienskappe:
- Die Woord is ewig. In die begin was die woord daar … Hy was reeds in die begin by God. Jesus se bestaan begin nie by Betlehem nie – Hy was reeds van voor die skepping daar. Daar was nooit ‘n tyd waar die Woord nie was nie. Jesus se geboorte is toe die ewige Woord aarde toe gekom het en mens geword het.