www.bybelkennis.co.za Blog
The ideal of religious tolerance has morphed into religious agreement – Stephen Prothero
Die stryd vir jou verstand (1)
Daar is ‘n intense, onsigbare stryd wat in ons woed. Dit is ‘n onregverdige stryd, want Satan baklei altyd onregverdig. Hierdie stryd gaan oor ons verstand. ‘n Belangrike ding wat ons moet leer, is hoe om ons verstand te beskerm, te versterk en te vernuwe.
‘n Goeie samevatting kry ons in 2 Korintiërs 10:3 – 5. Paulus sê die stryd is teen vestings wat vernietig moet word. Met God se wapens vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. So ‘n vesting mag na twee dinge verwys:
- ‘n Wêreldsiening soos materialisme, ateïsme, relativisme … Dit is vestings wat mense teen die kennis van God opgestel het.
- ‘n Persoonlike gesindheid. Dit gaan oor kommer, die soeke na die goedkeuring van ander, vrees, skuldgevoelens … – enigiets waarvan ek ‘n afgod in my lewe maak.
Reading is an act of thinking – John Piper
Dink, voel, doen
‘n Tragedie is dat onder Christene die verstand nie altyd waardeer word nie. Die kerk word daarvan beskuldig dat hy anti-intellektueel is. In die verlede is Christene dikwels mense van die Boek genoem. In ‘n sekere sin beteken dit tog dat hulle denkers was. Ongelukkig vind ons dat Christene nie meer lees nie – hulle lees nie meer die Bybel of boeke van die groot Christelike denkers nie. Maar wat sê die Bybel? Jy moet die Here jou God liefhê … met jou hele verstand (Matteus 22:37); Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan (2 Timoteus 2:7); Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ‘n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken (Spreuke 2:3 – 5). God het aan ons ‘n brein gegee – gebruik dit in sy diens.
The palest ink is better than the best memory. ”- Chinese Spreekwoord
Meer liefde in die gemeente
Een van dié belangrikste faktore vir die groei van die koninkryk van God en die groei van die gemeente is liefdevolle Christene. Gemeentes moet gemeenskappe van liefde wees. Dit is liefde wat mense bereik. Jy kan nie mense in die koninkryk in argumenteer nie. Met liefde kan jy hulle in die koninkryk kry.
Hoe doen jy dit? Rick Warren sê met drie stappe:
“Revelation and faith now mean a personal encounter, personal communion.” – Emil Brunner
Jesus se verheerliking
Jesus se verheerliking vind naby die einde van sy bediening plaas. Sy gehoor bestaan uit drie mense: Petrus, Johannes en Jakobus. Hierdie gebeurtenis gee vir ons inligting oor Jesus, maar kommunikeer ook iets baie belangrik van sy bediening. Matteus beskryf hierdie gebeurtenis in 17:1 – 8.
Jesus is besig om sy bediening af te rond. Hy berei Hom voor om na Jerusalem te gaan. Hy weet daar wag lyding en dood op Hom. Hy en sy drie dissipels gaan na ‘n hoë berg waar hulle alleen sou wees. Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. Jesus se uiterlike vorm het verander.