God se woord vir vandag
Scripture itself is alone competent to judge our doctrine of Scripture – J. I. Packer
God se woord vir vandag
Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Ek kom u verordeninge na, ek het hulle baie lief (Psalm 119:167).
Uit die 1 189 hoofstukke versprei oor 66 boeke geskryf oor 2 000 jaar is Psalm 119 die langste. In 176 verse kry ons een of ander verwysing na God se woord – voorskrifte, bepalings, wette, verordeninge, ens. Hierdie woorde se betekenis verskil, maar almal sentreer op een groot idee: God se openbaring in woorde. Dit gaan hier oor die Bybel self
Daar kan drie reaksies op die lang, herhalende passie vir die woord van God in Psalm 119 wees: