www.bybelkennis.co.za Blog
An ounce of mother is worth a pound of clergy. –Spaanse Spreekwoord
Die Israeliete trek deur die Rooisee (2)
In Eksodus 14 kry ons een van die hoogtepunte van Israel se uittog uit Egipte – die deurtog deur die Rooisee. Wat kan ons uit hierdie deurtog deur die Rooisee van Jesus Christus en verlossing leer? Drie dinge:
- Ons trek uit gebondenheid/slawerny – lae en lae bande wat ons vasbind.
- Ons trek uit deur genade.
- In die proses het ons ‘n Middelaar.
Waaruit trek ons as ons verlos word?
Wat het ons aangevang dat ons die Israeliete laat trek het? Nou is ons hulle diens kwyt (14:5). Die Egiptenare het hulle slawe verloor en daarom klim hulle op hulle strydwaens en sit die Israeliete agterna. Die Israeliete sien hulle kom: Hulle het baie bang geword en na die Here geroep. Maar dan voeg hulle by: Is daar nie ‘n begraafplaas in Egipte nie dat jy ons saamsleep om in die woestyn te sterwe? Wat het jy ons aangedoen dat jy ons uit Egipte laat trek het? Dit is nie waar nie, want in Eksodus 4:29 – 30 lees ons dat Moses en Aäron die leiers van die volk bymekaar geroep het voordat ‘n besluit om te trek, geneem is. Israel sou nog telkemale in die toekoms vir Moses verwyt omdat hulle uit Egipte getrek het.
All of our failures are prayer failures – John R. Rice
Die getuienis oor Jesus Christus (2)
In Johannes 5 praat Jesus oor die getuies van sy bediening. Hy noem vier. In die vorige blog het ons na die eerste getuie gekyk – Johannes die Doper. Ons kyk nou na die ander drie.
Maar Ek het getuienis wat nog gewigtiger is as dié van Johannes. Die werk wat die Vader My gegee het om te voltooi en waarmee Ek nou juis besig is, lê oor my getuienis af en bevestig dat die Vader My gestuur het (5:36). Die wonderwerke en tekens getuig van Jesus Christus. Hy doen dit voor die oë van die mense, maar hulle weier om die tekens te sien vir wat hulle was. Die tekens was bedoel om Jesus se identiteit en gesag te openbaar – om te getuig dat Jesus God se Gesalfde en sy Seun is.
You do not fall because you are weak, you fall because you think you are strong.” ~ Joodse Spreekwoord
Die Israeliete trek deur die Rooisee (1)
In Eksodus 14 kry ons een van die hoogtepunte van Israel se uittog uit Egipte – die deurtog deur die Rooisee. In die Ou Testament kry ons meer as 20 direkte verwysings en heelwat indirekte verwysings na hierdie gebeurtenis. Ook in die Nuwe Testament kry ons sekere betekenisvolle stellings:
- Matteus 2:15: So is vervul wat die Here deur ‘n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” Die profeet waarna hier verwys word, is Hosea. Hosea 11:1 het na die uittog verwys; die seun in Hosea verwys na Israel. Hier verbind Matteus die werk van Jesus direk aan die uittog.
Indeed the safest road to Hell is the gradual one – the gentle slope, soft underfoot, without sudden turnings, without milestones, without signposts – Screwtape se raad aan Wormwood – C. S. Lewis
Die getuienis oor Jesus Christus (1)
In Johannes 5 praat Jesus oor die getuienis van sy bediening. Hierdie hoofstuk begin met die genesing van die man by die bad van Betesda. Hier sien ons:
- Jesus vra ‘n vraag: Wil jy gesond word? (vers 6)
- Jesus gee dan ‘n opdrag: Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop (vers 8 – 9)
- Jesus verklaar dat Hy niks uit sy eie kan doen nie – Hy kan slegs doen wat Hy die Vader sien doen het. Die Vader het die Seun lief en daarom wys Hy vir die Seun alles wat Hy moet doen (vers 19 – 24).