Die kenmerke van die ware kerk
“There have been some who were so preoccupied with spreading Christianity that they never gave a thought to Christ.” ~ C.S. Lewis
Die kenmerke van die ware kerk
In Efesiërs 1:15 – 23 kry ons ʼn opsomming van die kenmerke van ʼn ware kerk. Paulus het gehoor van hulle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. Dit is die twee kenmerke van die ware kerk. Geloof in Christus beteken nie noodwendig liefde vir medegelowiges nie. Monnike was lojaal aan Christus, maar het hulle onttrek aan mense. ‘n Ware Christen doen beide; hy besef hy kan sy liefde vir Christus op geen ander manier bewys as deur sy liefde vir sy medemens nie.