www.bybelkennis.co.za Blog
Heiligmaking – Francois Malan
Willie vra:
My vraag handel oor die wedergeboorte en heiligmaking. 1Petrus 1;3 sê God Hy het Sy liefde aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons wedergeboorte uitgeloop het .Ek verstaan God alleen kan die wedergeboorte bewerkstellig. Ek is nou ‘n nuwe mens . Is die heiligmaking die proses waar ek streef om soos Jesus te word – soos Hy was toe Hy as mens op die aarde was, want ek kan tog nooit aan Sy Goddelike natuur gelyk word nie . Speel die selfdissipline waarna Petrus in 2 Petrus 1 verwys ‘n rol ? Het dit te make met ‘n keuse wat ek maak? Het ek n rol/verandwoordelikheid in HeiligMaking?
Nothing that has not died will be resurrected – C. S. Lewis
Jesus is God (2)
Van vroeg af was daar groepe wat ontken het dat Jesus God was. Selfs vandag is daar baie mense wat dit steeds ontken. Daar is egter baie gedeeltes in die Bybel wat dit duidelik maak dat Jesus ook God is. In Johannes 1:14 word Jesus met die Woord geïdentifiseer. Daar lees ons: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God (1:1). Hierdie vers sê nie net dat Jesus by God was nie, maar dat Hy self God was. Paulus verwys na Jesus as ons God en Verlosser wat weer sal kom. Christene se hoop berus op die wederkoms van Christus. Terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn (Titus 2:13); Hulle stem van die aartsvaders af, en uit hulle is die Christus as mens gebore – Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig (Romeine 9:5).
If people do not stand for something they fall for anything? – G. K Chesterton
Wat beteken Here?
In die Nuwe Testament is Here die vertaling vir die Griekse woord kurios. In die antieke wêreld is hierdie woord op verskeie maniere gebruik:
- Die algemene gebruik was dié van ‘n hoflike woord – soos meneer.
- Dit mag na mense uit die aristokratiese klas verwys – mense wat slawe besit het. Hierdie titel word ook figuurlik vir Jesus gebruik. Hy word Meester deur sy dissipels genoem. Hier word die gelowige gesien as ‘n besitting van Jesus – Jesus besit sy mense soos ‘n eienaar sy slawe besit het. Hy was egter nie ‘n despoot of tiran soos ‘n mens van ‘n wêreldse slawe-eienaar sou verwag nie.
Man is at his greatest and highest when upon his knees he comes face to face with God. ― Martyn Lloyd-Jones
Wat beteken Christus?
As mense na Jesus verwys as Jesus Christus dink baie mense dat Christus sy laaste naam (van) is. Die woord Christus is ‘n titel. Dit is afgelei van die Griekse woord Christos wat Messias beteken. Die woord Messias kom van die Hebreeuse mashiach wat die gesalfde beteken. Jesus Christus beteken dus Jesus die Messias of Jesus die gesalfde.
In die Ou Testament lees ons dat toe God vir Dawid as koning gekies het, stuur hy vir Samuel om vir Dawid te gaan salf – Dawid word dus God se gesalfde koning. Dawid is die prototipe van die koning wat eendag sou kom en sy koninkryk sou herstel. Jesus is dus die Seun van Dawid – ‘n nakomeling van Dawid.