www.bybelkennis.co.za Blog
There can be no greater glory for man than to glorify God. —J.I. Packer
Ses waarhede van gebed
Markus 11:22 – 24: 22Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! 23Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. 24Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. Die klem in hierdie gedeelte val op geloof in God. Dit beteken ons verwag dat God sy beloftes gaan vervul. Ons is dikwels geneig om God se woord in twyfel te trek.
There is no colour in this world that is not intended to make us rejoice – Johannes Calvyn
Karl Barth en die Skrif
Kark Barth was waarskynlik die grootste teoloog van die vorige eeu. Sy bekendste werk was sekerlik sy Church Dogmatics. Eendag het sy studente ‘n debat gevoer oor die metode wat hy in sy boek gebruik het. Die debat was warm en het meer as ‘n uur geduur. Barth het daar een kant gesit, sy pyp gerook en en elke af en toe van sy wyn gedrink. [Lekker universiteit waar die professor sy pyp kan rook en sy wyn kan drink in die klas.] Hy sê nie ‘n woord nie.
Een van die studente onthou toe dat Barth in die klas sit. Die student draai na Barth en vra vir hom watter metode hy gebruik het.
God is most glorified in us when we are most satisfied in Him – John Piper
Hoekom moet ek wyd lees?
Ons raak gemaklik as ons net binne ons eie kerkverband lees. Almal maak dieselfde gevolgtrekkings. Maar ons kan te stamgebonde word – ons plant ons pilaar in die grond en gebruik dit om ander mee aan te val. Ons moet wyd lees en dus ook wyd leer. Ons moet uit ons gemaksone kom.
Dit is nogal uitdagend om deur ‘n boek te lees wat van my siening verskil. Dit dwing ons om te probeer agterkom wat die skrywer wil sê. Ons word gedwing om te probeer vasstel wat waardevol is en wat teen die Christelike leer is; dit verskerp ons onderskeidingsvermoë.
Terug na die Ou Testament: Die Wederkoms Nou? (1) – Adrio König
8 Die wederkoms nou?
8.1 Die wederkoms is naby
Saam met die doop is dit een van ‘n paar sake wat nie regtig so duidelik met “terug na die Ou Testament” verband hou nie. En die punt wat sommige oor die wederkoms van Jesus maak, is nie
- Dat dit naby is nie – dit was van die begin af naby,
- Dat dit nou naby is nie – natuurlik kan Hy enige oomblik kom,
- Maar dat dit juis nou naby is – in teenstelling met enige vroeër tyd.