www.bybelkennis.co.za Blog

Daarom praat ons

“When you approach the church purely as a consumer, eventually you will decide to stop buying”. – Jordan Ballor

 

Daarom praat ons

Ek het geglo, daarom het ek gepraat. Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook (2 Korintiërs 4:13)

Die rede wat Paulus gee om te praat te midde van al die swaarkry en lyding wat dit tot gevolg het, is sy absolute vertroue in ‘n toekomstige opstanding. Hy, en ons, weet dat dieselfde God, wat die Here Jesus uit die dood opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek en ons saam met julle voor sy troon sal stel. In Paulus se verkondiging van die evangelie staan die opstanding sentraal.

Terug na die Ou Testament: Hebreeuse name van God en Jesus (1)

Terug na die Ou Testament: Hebreeuse name van God en Jesus (1) – Adrio König

5 Net die Hebreeuse Name van God en Jesus?

5.1 Die oorspronklike Bybeltale

Dit is ‘n tendens wat ook by sommige Christene voorkom. Hulle is oortuig dat hulle die presiese Hebreeuse name van God en van Jesus moet gebruik. Hierdie oorspronklike Name word deur verskillende groepe op verskillende maniere gespel en uitgespreek.  

Verstaan vryspraak (3)

I consider the principal enemies of the Gospel to be, not the pontiff of Rome, nor heretics…nor tyrants, but bad Christians ~ John Calvin

 

Verstaan vryspraak (3)

As ons verstaan wat vryspraak is, het ons nie die einde van die pad bereik nie. Uit vryspraak vloei daar sekere dinge:

  • Roeping. Ons was geestelik verlore en dan kom God en Hy roep ons: Kom. Roeping word dikwels in algemene en spesiale roeping verdeel. Algemene roeping kom van God na alle mense: Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie (Jesaja 45:22). Sommige mense ignoreer of weier hierdie roeping. Maar ons word nie aan onsself oorgelaat nie – God in sy genade trek ons na Jesus Christus toe:

Verstaan vryspraak (2)

God uses chronic pain and weakness, along with other afflictions, as his chisel for sculpting our lives. —J.I. Packer

Verstaan vryspraak (2)

Elke mens het ‘n ingebore sin van wat reg en wat verkeerd is. Daarom kom die vraag na vore: Hoe kan God mense vryspreek wat skuldig is en steeds ‘n regverdige regter wees? Omdat God ‘n regverdige regter is, moet Hy tog op een of ander manier sy sin vir geregtigheid bevredig as Hy ons vryspreek.

 

Maar daar is vir ons vryspraak betaal. Om dit te verstaan, is daar drie konsepte van belang: