www.bybelkennis.co.za Blog
Christian ethics must arise from the Gospel of Jesus Christ. Otherwise it could no be Christian ethics – Oliver O’Donovan
Gee ons vandag ons daaglikse brood
Die eerste element van gebed behoort aanbidding of lofprysing te wees – lees net die psalms. Natuurlik moet gebed ook belydenis van sonde insluit – as ons in God se teenwoordigheid kom, sien ons hoe ver ons tekortskiet. Danksegging – ons onthou God se genade en barmhartigheid – is nog ‘n belangrike element van gebed. Laastens moet gebed ook ons versoeke vir die behoeftes van ander en onsself in te sluit. Ongelukkig is dit gewoonlik waar ons begin – versoeke.
He who chooses the beginning of a road chooses the place in leads to. It is the means that determines the end – Harry Emerson Fosdick
Laat u wil geskied
Sekerlik die algemeenste vraag wat Christene vra, is: Hoe weet ek wat die wil van God is? Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Hierdie petisie vloei voort uit die vorige twee. Maar hoe moet ons die wil van God verstaan? Daar is drie maniere waarop die meestal verstaan word:
- Die soewereine wil van God. Dit beteken dit wat God beveel, gebeur. Toe Hy sê dat daar lig moes wees by die skepping was daar lig. Toe Christus vir Lasarus beveel om uit die graf te kom, gebeur dit onmiddellik.
The Bible is to the theologian what nature is to the man of science. It is his storehouse of facts – Charles Hodge
Laat u koninkryk kom
Ons sien God se Naam as heilig. Dit plaas ons in ‘n posisie van aanbidding – ons sien God as die Een wat algeheel heilig is. Dit bring ons op ons knieë voor Hom. Ons buig voor God soos ‘n onderdaan voor sy aardse koning buig. Daarom: Laat u koninkryk kom. Die eerste petisie vloei oor in die tweede een.
Jesus begin sy bediening met die aankondiging dat die koninkryk van God naby gekom het. Dit beteken dat in die verhaal van verlossing wat deur die Bybel ontplooi word iets nuuts gaan gebeur. Maar die koninkryk van God was nog altyd daar. God moes nie wag tot die tyd van die Nuwe Testament om as soewereine Heerser gekroon te word nie – Hy was van die begin af Koning oor die heelal. By Sinai gee God aan Israel sy wet. Daarin sê Hy onder andere: Ek is die Here jou God … Jy mag naas My geen ander gode hê nie (Eksodus 20:2 – 3).
It is a hard matter to enjoy the world without being entangled with the cares and pleasures of it. —Thomas Manton
Laat u Naam geheilig word
God sluit in sy tien gebooie die volgende in: Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie (Eksodus 20:7). God plaas ‘n hoë premium daarop dat dit belangrik is dat sy kinders sy Naam as heilig beskou en dat dit so hanteer moet word. Ons sien presies dieselfde in die Ons Vader gebed. Die dissipels het vir Jesus gevra hoe hulle moet bid en Hy sê: So moet julle bid. Laat u Naam geheilig word. Ons lees hierdie woorde asof hulle ‘n bevestiging van ‘n erkende waarheid is. Hierdie is egter ‘n petisie – ‘n versoek. Onthou wat Jesus hier doen, is om die prioriteite waarvoor ons in ons gebede moet vra, vas te lê. En die heel eerste ding wat Hy noem, is dat God se Naam heilig gehou moet word.