www.bybelkennis.co.za Blog
Terug na die Ou Testament: Allerlei (2) – Adrio König
6.2 Die ramshoring
Daar is eintlik twee musiekinstrumente: die ramshoring en die trompet. Die ramshoring is gemaak van die horing van ‘n skaapram en soms van metaal, maar die trompet was altyd van metaal. Soms word daar nie duidelik tussen die twee onderskei nie, soos sommige ouer Engelse vertalings wat soms “trompet” vir die ramshoring gebruik. Die horing het ‘n skerp klank en kan nie regtig as musiekinstrument gebruik word nie.
“Our death died at the cross. It did not faint. It died.” Conrad Mbewe
Oningelig teenoor onkundig
Oningelig is ‘n tydelike toestand wat baie maklik reggestel kan word – veral vandag met byvoorbeeld die Internet. Onkundig, daarenteen is ‘n baie gevaarlike toestand as iemand ‘n besluit neem en hy het nie die nodige kennis nie. Die Internet stel ons in staat om ingelig te word as ons net die nodige tyd en energie daaraan spandeer.
“Strategy never saved anyone. Only the gospel saves anyone.” – Thabiti Anyabwile
Geseënd is jy
Geseënd is ‘n woord wat ons dikwels hoor. Soms beteken dit ryk: “Hy is nou werklik geseënd,” en dan beteken dit hy het baie geld Soms word dit as sinoniem vir goeie omstandighede gebruik: “Ek was geseënd om ‘n parkeerplek te kry.”
J. D. Geear skryf hieroor en gebruik Maria as voorbeeld. Toe Gabriël by Maria kom en aankondig dat sy swanger is, beskryf hy haar as begenadigde. Toe Elisabet vir Maria ontmoet roep sy hard uit: Geseënd is jy onder die vroue (Lukas 1:42). Maria is ‘n goeie voorbeeld van wat dit beteken om geseënd te wees, al lyk dit nie vir ons so nie.
Terug na die Ou Testament: Allerlei (1) – Adrio König
6 Allerlei
Ramshoring, Christelike feeste soos Kersfees, dag- en maandname en jaarberekening, die begin van die dag, verjaarsdae, vleis van “onrein” diere, woestyntyd, drome. Dit is die kleiner sake wat nie elkeen ‘n hoofstuk regverdig nie. Maar dis deel van die terug na die Ou Testament beweging.