Terug na die Ou Testament: Vorms van terugkeer na die Ou Testament: Galasiërs en Hebreërs (1)
Terug na die Ou Testament: Vorms van terugkeer na die Ou Testament: Galasiërs en Hebreërs (1) – Adrio König
4 Vorms van terugkeer na die Ou Tesatment: Galasiërs en Hebreërs
4.1 Galasiërs
In hoofstukke 2 en 3 van hierdie boek het ons gekyk na die oortuigings van Christene wat wil terugkeer na die Ou Testament. Daar is verskillende vorms van terugkeer, en elkeen moet op sy eie beoordeel word.
Daarom kan dit verhelderend wees om te kyk na twee voorbeelde van terugkeer in die Nuwe Testament. In Galasiërs het ons (maar net skynbaar!) ‘n “sagter” vorm van terugkeer, en in Hebreërs ‘n radikale vorm.