www.bybelkennis.co.za Blog
“It may be very well to do this and that for good fellowship; but it will never do to lose the friendship of God in order to keep on good terms with men.” —Charles Spurgeon
Ons verheug ons ook in die swaarkry
Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding (Romeine 5:3).
Die ou filosowe het volharding as een van die belangrikste deugde van die mens gesien. Om ten spyte van teenstand en swaarkry te volhard, is as positiewe karaktereienskappe gesien. Ook in ons moderne kultuur is volharding ‘n positiewe deug.
Those who cannot remember the past are condemned to repeat it.~George Santayana
Vir wie verkondig ons die Woord?
Bill Tenny-Brittian sê dat meeste van ons die Woord verkondig aan ‘n moderne gehoor wat goed bekend is (of bekend was) met die kerk – eintlik maar “een van ons.” Ons aanvaar dus dat die mense met wie ons praat ‘n sekere mate van kennis van die Bybel het. Kerklos mense weet dat die Bybel “die heilige boek van die Christene” is … en baie min meer as dit. Vir hulle is die Bybel ‘n ou boek wat min te sê het vir die lewe in die 21ste eeu. As ons dus ons gesprek begin met die lees van ‘n gedeelte uit die Bybel begin ons met ‘n onstabiele aanname.
You are saved because Christ says yes to you – Michael Horton
Hoekom lees mense nie meer die Bybel nie?
Mense lees minder die Bybel. Biblica gee veral drie redes hiervoor:
- Mense lees net fragmente – op die vlak van verse en nie eers meer groter gedeeltes nie. Beslis nie hoofstukke nie.Mense sien dus nie meer die groter prentjie nie. Biblica het nou die NIV sonder hoofstukke en verse gepubliseer – The Books of the Bible.
Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (6) – Adrio König
2.3.4 Het die vroeë Christene die Sabbat gehou?
Ná die uitstorting van die Gees het die dissipels en die Joodse Christene nog lank ‘n besondere verbondenheid aan die Ou Testamentiese vorm van godsdiens gehad. Ons lees spesifiek van hulle tempelbesoek, die feeste en die besnydenis (Hand 3:1ev; 20:16; 21:20-26). Trouens die vroeë Christene was eintlik nog Jode wat net, anders as hulle mede-Jode, geglo het die Messias het gekom, is gekruisig en opgewek, en hulle wou net hulle mede-Jode daarvan oortuig.