www.bybelkennis.co.za Blog

God wou Moses doodmaak

God wou Moses doodmaak – Marius Nel

Willie vra:

My vraag handel oor Eksodus 4:24,25 en 26. God wou Moses doodmaak – is dit uit en uit net omdat hy nie sy seuns besny het nie? ‘n Mens wonder hoekom God nie vroeër al so streng opgetree het nie, want die seuntjies moes tog op 8 dae oud besny gewees het. Dit gebeur nou op pad Egipte toe nadat hy reeds die opdrag gekry het om die volk uit te lei. Kan ‘n mens aflei dat die Midianiete die gebruik geken het ( ek neem so aan omdat hulle ook maar afstam van Abraham af) en dit wel toegepas het.

Bevoordeel vrygewigheid vir my?

  As the wicked are hurt by the best things, so the godly are bettered by the worst. —William Jenkyn   Bevoordeel vrygewigheid vir my? Deur God se genade is dit nie net ander wat bevoordeel word as ons gee nie....

Gesprekke: ‘n verlore kuns?

With all our technological expertise and intellectual arrogance, we have become the cleverest fools in world history – J. I. Packer

Gesprekke: ‘n verlore kuns?

Sherry Turkle  is ‘n professor in sielkunde aan MIT. Haar belangstelling is die verhouding tussen mense en masjiene – iets wat in ons tegnologiese tyd van groot belang is. Haar nuutste boek het ‘n baie interessante titel: Alone Together: Why We Expect More From Technology and Less From each Other. Daarin ondersoek sy ons vertroue op toestelle wat ons kan isoleer.

 Sy sê dat wat haar opval is dat families in ‘n restourant sit en nie met mekaar praat nie; dat moeders met hulle kinders in ‘n parkie sit en nie met hulle praat nie; sy kan nie sien dat moeders besig is om teksboodskappe te stuur terwyl hulle hulle kinders in ‘n stootwaentjie stoot nie. Die bewyse is oral om ons. Twee skoolmeisies wat stap elkeen met haar selfoon besig. Hulle is Alone Together.