www.bybelkennis.co.za Blog
The most loving thing anyone can do is tell the truth.” – John MacArthur
Die uitdaging vir die sekulêre wêreld (2)
Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through pain and suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.
‘n Sekulêre siening van die lewe werk nie vir meeste mense as hulle lyding ondervind nie. Hoekom nie?
- Menslike lyding kom in ‘n groot verskeidenheid van vorme veroorsaak deur ‘n verskeidenheid redes.
What about putting Christ back into Christmas? It is simply not necessary. Christ has never left Christmas. —R.C. Sproul
Dit kon ek gewees het
Adolf Eichmann was een van die argitekte van die Joodse volksmoord. Na die Tweede Wêreldoorlog ontsnap hy na Suid-Amerika. Hy word in 1960 gevang en na Israel geneem. Daar word hy verhoor, skuldig bevind en tereggestel.
Maar tydens sy verhoor gebeur ‘n interessante insident. Die aanklaer moes mense kry wat kon getuig dat hulle gesien het dat hy die gruweldade gedoen het – ooggetuies. Een van hierdie getuies was Yehiel De-Nur. Toe hy moes getuig en Eichmann in die glaskas sien sit, val hy op die grond neer en begin bitterlik huil. Pandemonium in die hofsaal. Die regter doen sy uiterste om weer orde te herstel.
Slaap by die koning se vrou – Marius Nel
Jan vra:
Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, kon hulle hom nie warm kry nie. Toe soek hulle ‘n jongmeisie om hom te verpleeg en wat daarop volg. Terwyl Dawid nog leef besluit sy seun Adonia hy sal koning wees maar sy poging word verydel omdat Salomo bestem was om Dawid op te volg. Adonia kom by Batseba en vra dat sy vir Salomo moet vra of hy nie die jongmeisie wat Dawid verpleeg het as vrou kan kry nie. Salomo se reaksie is dat Adonia net sowel kon gevra het om koning te wees. Dit kos Adonia sy lewe. Hoekom sou Salomo so onsteld oor Adonia se versoek gewees het, asb?
Epiloog (21:1-25) – Francois Malan
Hierdie Evangelie het begin met ‘n proloog of voorwoord wat ‘n overture is tot die res van die Evangelie, met temas wat in die res van die Evangelie uitgewerk is. Hoofstuk 20 is eintlik die slot van die Evangelie wat alles weer saamvat met ‘n kort opsomming in verse 30-31. Maar daarna verskyn hoofstuk 21 as ‘n epiloog, ‘n naskrif, met verskynings van Jesus aan sy dissipels wat nie in hoofstuk 20 vermeld is nie, en ‘n gesprek met Petrus Dit kon later deur die skrywer aangeheg wees, of is geskryf ná die skrywer van die Evangelie dood is, met ‘n regstelling van die verkeerde verwagting dat die geliefde dissipel nie sou sterf nie (21:23).