www.bybelkennis.co.za Blog
Jesus verskyn aan die dissipels (20:19-23) – Francois Malan
Die dissipels as getuies van Jesus se opstanding
20:19 Teen die aand van daardie eerste dag van die week, na die vroegoggend verskyning aan Maria Magdalena (20:1) is die dissipels van Jesus bymekaar in vrees vir wat die Jode, wat ‘n oorwinning oor Jesus gesmaak het, aan hulle sal doen. Daarom sluit hulle die deur vir hulle veiligheid. Jesus kom en staan tussen hulle. Die Evangelis beskou dit as ‘n wonder. Sy opstandingsliggaam is nie aan ruimte en tyd gebonde nie. Die Here openbaar Homself waar Hy wil, op ‘n wyse bokant ons begrip.
Jesus verskyn aan Maria Magdalena (20:11-18) – Francois Malan
‘n Vrou is die eerste getuie van die opstanding van Jesus
20:11-12 Maria het intussen teruggekeer na die graf toe. Waar sy eers langs die kruis gestaan en ween het oor haar Here aan die kruis (19:25), staan sy nou buite sy oop graf en ween oor sy liggaam wat weg is, ‘n laaste anker in haar lewe. Vier maal word na haar geween verwys in die gedeelte.
Jesus se opstanding uit die dood (20:1-31) – Francois Malan
Hoofstuk 20 vertel van Maria Magdalena en twee dissipels wat uit die donkerte van dié Sabbat opdoem, en hulle haas na die graf van Jesus op die Sondagmôre; daarna verskyn Jesus aan Maria; die aand verskyn Jesus aan die dissipelgroep; ‘n week later verskyn Hy aan Tomas; met ‘n samevattende slot in verse 30-31.
I have learnt silence from the talkative, toleration from the intolerant, and kindness from the unkind; yet strange, I am ungrateful to these teachers. -Kahlil Gibran (1883-1931)
Ek bekommer my oor alles
Almal van ons is op een of ander tyd onder een of ander omstandigheid bekommerd. Ed Welch (Running Scared) maak vier waarnemings oor mense wat gedurig bekommerd is:
- Mense wat hulle bekommer leef in die toekoms
Die sneller vir vrees is dikwels gebeure wat in die verlede plaasgevind het; hulle reageer op krisisse in die teenswoordige; hulle verwag die gevolge in die toekoms. Vrees se voorkeur is om jou oë op die toekoms te rig. Om dit reg te kry, vertrou hulle op die krag van verbeelding.