Die koninkryk van God: Wat is dit? (2)
Love is not maximum emotion. Love is maximum commitment. —Sinclair Ferguson
Die koninkryk van God: Wat is dit? (2)
Die koninkryk van God is ‘n baie algemene tema in die Bybel. Ek gaan ‘n hele aantal blogs gebruik om te probeer vasstel wat dit is en hoekom dit belangrik is. Ek gaan onder ander gebruik maak van The Kingdom of God: Christopher W. Morgan en Robert A. Peterson (reds) 2012.
In die vorige blog het ons gesien dat Jesus tydens sy bediening op aarde baie aandag aan die koninkryk van God gegee het. Ons het ook gesien dat daar verskillende sienings is van wat die koninkryk van God beteken. ‘n Goeie begrip van die koninkryk is onontbeerlik vir die korrekte verstaan van Christus en die verlossing wat Hy bewerk het. Dit is nie so maklik nie, want Jesus se stellings oor die koninkryk is oënskynlik teenstrydig.