Pelgrims

image_pdfimage_print

“Our greatest glory is not in never falling but in rising every time we fall.” ~ Confucius

 

Pelgrims

In John Bunyan se klassieke werk, The Pilgrim’s Progress, is die Wicked Gate die simbool dat ons nou die Christelike lewe ingegaan het. Daar ontmoet Christen die hekwagter – Good-Will. Luister na hulle ontmoeting:

 

So when the pilgrim was fully inside, Good Will asked him, “Who directed you to come this way?”

CHRISTIAN: Evangelist exhorted me to come this way and knock at the Gate, just as I did. He further told me that you, sir, would tell me what I must do next.

GOODWILL: An open door is set before you, and no man can shut it.

CHRISTIAN: Now I begin to reap the benefits of my hazards.

GOODWILL: But how is it that you have come alone?

CHRISTIAN: Because none of my neighbors saw their danger as I saw mine.

 

Wat leer ons uit hierdie gesprek?

(a)Die stryd het pas begin

Ons is pelgrims op pad na die hemelstad. As ons tot bekering kom, is dit glad nie die einde van ons stryd nie. Daar was baie hindernisse in Christen se reis na die Wicked Gate, maar in baie opsigte lê die ergste nog voor. Ou denkpatrone, kultuurneigings en die voortdurende bombardement van beelde en idees, maak die pelgrim se pad vol slaggate. Die wêreld is nie meer ons “huis” nie, maar dit is steeds waar ons woon. Ons moet:

  • Ons denke vernuwe: Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is (Romeine 12:2).
  • Ons moet ons sondige natuur kruisig: Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig (Galasiërs 5:24).
  • Ons moet die duiwel teëstaan: Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug (Jakobus 4:7).

 

Die groot gevaar vir die pelgrim is om iets anders meer as die hemelse stad lief te hê. Die verkondiging van die woord, die fees en gemeenskap van die Nagmaal word vir ons kosbare juwele. Dit laat ons saam met Paulus uitroep: Ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry (Filippense 3:8).

 (b)Daar is ander wat ‘n behoefte het aan dit wat ek gevind het

Die pelgrim kan nie voor die hek staan en nie aan sy vriende, familie en bure wat dit nie gemaak het nie, dink nie. Dit is waaraan Paulus gedink het: Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word (Romeine 10:1). Elke mens wat op pad na die hemelstad is, voel hierdie verlange. Maar ons moet met ons reis voortgaan.

 

Vir die Christene is daar ‘n voortdurende spanning tussen die roepstem van die hemelstad en sy liefde vir sy familie en vriende.  Die enigste manier wat jy die pad vir ander kan aanbeveel, is deur daarop te bly. Maar wat verwag die wêreld vandag van Christene? Hulle moet aantrek, praat, loop en lewe soos die wêreld om die wêreld te oorwin. Ongelukkig is die teenoorgestelde waar. Die reguit, nou paadjie na die hemelstad leer ons die waarheid waarvan ons moet getuig.

 

As Christen-pelgrims moet ons besef die pad is lank en moeilik. Jesus sê self dat Hy nie gekom het om vrede te bring nie, maar die swaard (Matteus 10:34); dat die wêreld ons sal haat (Johannes 15:18).  Al verskil tussen ons en die wêreld is die genade wat ons ontvang het – ons het niks om op te roem nie (Romeine 3:27). Wat ons wel het, is rede om bly te wees en ‘n boodskap om te verkondig.

 

 

image_pdfimage_print