ʼn Plan van God vir jou lewe?
ʼn Plan van God vir jou lewe?
God is in beheer van ons lewens, dit glo en bely Christene. Hy het ʼn groter plan met jou lewe.
Maar nie op so manier dat jy self nie ʼn rol in jou besluite speel nie. God het jou ʼn vrye wil gegee. God het byvoorbeeld ʼn plan dat alle mense gered kan word… maar nie almal word gered nie. God het genoeg genade en liefde vir alle mense op aarde, maar party wil daardie liefde nie hê nie. Dan forseer God hulle nie. Hy nooi maar net weer uit. God het ook beplan dat ons sal leef soos Hy wil hê. Maar nie almal van ons leef so nie.
God stap ook saam met jou deur jou lewe en maak vir jou deure oop en toe. Tog is dit jy wat deur daardie deure moet stap of dalk nie. Dit klink soms onmoontlik, maar met verkeerde besluite wat jy neem kan jy soms God se plan in jou lewe verongeluk. Dit werk amper soos jou pa se plan dat jy universiteit toe gaan en ʼn prokureur word, maar jy verongeluk alles deur nie te studeer nie.
Boek: Geloof in Aksie-Bybel
Skrywers: Proj Jan van der Watt, Dr Stephan Joubert, Dr Johan Smith
Uitgewers: Christelike Uitgewers Maatskappy