Postmortem van ‘n gemeente wat dood is
“You have it easily in your power to increase the sum total of this world’s happiness now. How? By giving a few words of sincere appreciation to someone who is lonely or discouraged. Perhaps you will forget tomorrow the kind words you say today, but the recipient may cherish them over a lifetime.” ~Dale Carnegie
Postmortem van ‘n gemeente wat dood is
Gemeentes klou vas aan die lewe. Hulle kan vir baie jare terminaal wees voordat hulle finaal die deure toemaak. Ons lees gereeld van gemeentes wat toemaak of saamsmelt. As ons nou ‘n postmortem op hulle sou doen, wat verwag ons om te kry?
- Die gemeente weier om soos die gemeenskap te wees. Hiermee bedoel ek dat ons dikwels verskuiwings in ‘n gemeenskap kry – mense trek weg uit die buurt; ‘n welvarende gemeenskap word al hoe armer. Dikwels wil so ‘n gemeente nie uitreik na hierdie nuwe intrekkers nie. Die gemeente word ‘n eiland van middelklas lidmate in ‘n see van arm mense.
- Die gemeente het geen bedienings wat op die gemeenskap gefokus het, gehad nie. Daar word geen poging aangewend om die gemeenskap te bereik nie.
- Lidmate fokus op gedenktekens. In sulke gemeentes is die gedenktekens stoele, tafels, kamers, ens. Hierdie gedenktekens word ‘n obsessie by die lidmate. Hulle lê meer en meer klem op die verlede.
- Die persentasie van die begroting vir die behoeftes van lidmate neem progressief toe.
- Evangelisasie word nie beklemtoon nie. Sodra die kerk die passie verloor om ongelowiges te bereik, is hy aan die doodgaan.
- Lidmate stry meer en meer oor wat hulle wil hê. Die fokus na binne lei tot meer argumente en die argumente word al hoe meer bitsig.
- Leraars bly al hoe korter. Hulle verlaat die gemeente omdat hulle ontmoedig is.
- Die kerk bid selde saam. As hulle bid word die gebede beperk tot lidmate, hulle familie en vriende en hulle fisiese behoeftes.
- Die gemeente het geen duidelikheid oor waarom hulle daar is nie – geen visie of missie of doel nie.
- Die lidmate aanbid ‘n ander tydperk. Almal kyk terug na ‘n tydperk toe die gemeente nog lewenskragtig was – hulle verafgood amper daardie tyd. Hulle toekomsverwagting is om na die verlede terug te keer.
- Die fasiliteite gaan agteruit. Dit is dikwels nie ‘n finansiële saak nie – die lidmate sien net nie die agteruitgang raak nie.
‘n Mistroostige verhaal, maar ‘n verhaal waaruit ons iets moet leer. Baie gemeentes se lewensverwagting is maar kort. Die vraag is: kan gemeentes hierdie neiging omkeer?