Praat die Bybel van Watergeeste – Johann Voges
‘n Leser vra:
Praat die Bybel van watergeeste? Is dit sonde om water aan te wys?
Antwoord
Dr Johann Voges antwoord
Daar is nêrens in die Bybel enige verwysing na “watergeeste” nie … sommige Joodse rabbi’s het al verwys na die “engel / die Here” wat met Jakob by die Jabbok rivier gestoei het in Genesis 32:24-32 dat dit eintlik “’n watergees” was wat wou verhinder dat Jakob deur die rivier gaan.
Vir die verklaring wat daar in Genesis 32 gebeur het, kan jy die volgende artikels hieroor lees…
- In wikipedia (https://en.wikipedia.org/wiki/Jacob_wrestling_with_the_angel)
- In Bybelskool artikels (https://bybelskool.com/genesis-32-jakob-worstel-enduit-met-god-en-word-verander-van-bedrieer-na-begenadigde/) en (https://bybelskool.com/geloof-in-twyfel/)
Oor die aanwys van water is daar ook ‘n insiggewende artikel wat jy kan lees oor wetenskaplike maniere of wiggelary in die aanwys van water (https://www.boor.co.za/lees-meer/)
Skrywer: Dr Johann Voges