Psalm 22 (4)
The Bible is alive, it speaks to me; it has feet, it runs after me; it has hands, it lays hold of me. —Martin Luther
Psalm 22 (4)
[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.
Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.
22:12: Die psalmis smeek om hulp.
12Moenie ver van my bly nie, want die nood is naby; daar is immers niemand wat help nie.
Hier kry ons die eerste eksplisiete pleidooi van die psalmis. Daarna volg ‘n lang klaaglied.
Weens die psalmis se besondere verhouding met God, vra hy dat God moet kom en ingryp – ten spyte van sy negatiewe ervaring. Die psalmis weet daar is niemand wat help nie. Dit is dringend nodig, want die vyand se aanval teen hom is fel. As die vyand dreig om my te oorweldig, bly God my enigste toevlug – al voel dit vir my asof Hy baie ver is.
22:13 – 19: Die psalmis bekla sy smartlike lyding.
13Baie bulle het my omsingel; die sterkes van Basan het my vasgekeer.
14Hulle het hulle monde oopgesper teen my soos ‘n leeu wat verskeur en brul.
Daar is baie mense op die toneel, maar niemand kan as helpers gesien word nie. Hulle is eerder soos bulle en leeus. Die bulle omsingel die psalmis, maar hulle doen nog niks nie. Die gevaar is daardie mense wie se monde soos leeus oopgesper is en gereed is om te verslind. Leeus is altyd ‘n bedreiging. Dit is dikwels ‘n beeld van mense wat aggressief en gevaarlik is. Een leeu is ‘n groter bedreiging as baie bulle. Die bulle is sterk – die soort wat ‘n mens op die welige weivelde van Basan kry; die leeu is een wat brul en verskeur. Hierdie is ‘n beeld van mense se onmenslike wreedheid.
15Soos water is ek uitgestort, my gebeente val uitmekaar; my hart het geword soos was, dit het in my liggaam gesmelt.
Die psalmis se bloed word uitgestort – sy lewe is besig om uit hom te vloei Dit lyk asof die situasie progressief meer bedreigend word, of die psalmis se moed en hoop is besig om uit te vloei. Hy is besig om uitmekaar te val. Hoekom is die psalmis besig om uitmekaar te val? Sy hart het soos was in ‘n vuur gesmelt.
16My krag het verdor soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte
Hierdie is ‘n verdere beeld van lewenskrag wat opdroog. Bene kan ‘n teken van lewenskrag wees, want hulle is die sterkste dele van die liggaam. Die breek van die psalmis se gees het sy lewenskrag laat opdroog – dit is so droog soos ‘n potskerf. Die tong wat aan sy verhemelte kleef beteken ‘n onvermoë om te praat.
In die stof van die dood het U my laat lê. 17Inderdaad, honde het my omsingel;
Stof staan vir vernedring en vir die dood – ons liggaame eindig in die aarde – stof. Die stof van die dood maak dit duidelik. Die psalm het begin met God afwesig en onaktief. Nou is God teenwoordig en aktief, maar op ‘n wyse wat die dood bring. Israeliete het nie honde as troeteldiere aangehou nie. Honde hier verwys na jaghonde., wildehonde. Hulle soek aas in die stof. Die implikasie: die psalmis is so goed as dood.
‘n bende kwaaddoeners het my omring, hulle het my hande en my voete vasgebind. 18Ek kan al my bene tel. Hulle staar my aan met leedvermaak.
Hierdie kwaaddoeners is soos leeus. Intussen gaan die psalmis se persoon verder agteruit. Hy is naby aan die dood – ‘n lopende geraamte. Geen wonder die mense kyk met leedvermaak na hom nie. Hulle sien voordele in sy dood.
19Hulle verdeel my klere onder mekaar, en hulle loot oor my kleed.
En dan sit sy vyand ook nie stil nie. Ten spyte van die sterwensituasie waarin hy hom bevind, boei hulle hom en tart hom met leedvermaak. Volgens hulle is dit klaar met hom: hy is soos uitgestorte water – sy lewenskrag het in die sand weggesyfer. Hulle beskou hom as dood en verdeel my klere ondermekaar en trek lootjies oor my mantel. Om nakend te wees, was ‘n groot skande of ‘n teken van uiterste ellende. Dis mos klaarpraat met my.
Kom ons kyk na die drie woordbeelde in hierdie gedeelte:
- Beeste en ‘n Kwaai bul is ‘n verskriklike teenstander. Beeste uit Basan was die swaarste beesras van destyds.
- Siekte en Uitgestorte water mag beteken om te ledig – die psalmis het homself leeggemaak.
- Dit was die Grieke se naam vir barbare.