Psalm 29 (4)

image_pdfimage_print

 

But when we rise to the heavenly tribunal and place before our eyes that supreme Judge … then in an instant the vain confidence of men perishes and falls and conscience is compelled … to confess that it has nothing upon which it can rely before God – Francis Turretin

 

Psalm 29 (4)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

9 – 11:

Ons keer nou weer na ‘n pleidooi terug.

9Moet my lewe nie wegruk saam met dié van sondaars, saam met mense wat bloed vergiet nie.

Die Ou Testament praat dikwels van die dood as wegruk of bymekaar maak om saam met die voorvaders te wees. Die psalm aanvaar dat die Here in sy geregrigheid die lewe van mense wat bloed vergiet, sal wegneem. Dit sal of deur ‘n geregtelike proses of deur Goddelike ingryping gebeur.

 

10Hulle aan wie se hande bedrog kleef, en wie se regterhand vol omkopery is.

Hier word die mense wat as sondaars en moordenaars beskryf word verder omskrywe. Hierdie verwys moontlik na mense vol allerhande skemas en bedrog om ander se grond in die hande te kry. Dink maar aan Isebel en Nabot se wingerd. Hierdie hande verskil baie van die hande wat die psalmis in onskuld gewas het (vers 6).

 

11Maar ek gedra my onberispelik – red my en wees my genadig!

Die psalmis ontken dat hy by bedriërs en moordenaars tuishoort. Hy herhaal dat hy ‘n persoon van integriteit is. Wanneer jy jou so van die goddelose mense onderskei en jou toewyding aan God bevestig, kan jy vra dat die Here ook hierdie onderskeid tref. Die psalmis is amper desperaat. Hy wil nie saam met die sondaars, met die moordenaars omkom nie. Moordenaars is mense wat geweld gebruik om hulle doel te bereik. As die psalmis met sondaars omgaan, is hy ook een.

 

26:12

12My voet staan op gelyk grond; ek sal die Here prys in die groot byeenkoms.

My voet staan op gelyke grond is ‘n verklaring wat ‘n mens aan die einde van ‘n gebedspsalm verwag. Dit gee uitdrukking aan geloofsvertroue en hoop. Hierdie psalm het uit pleidooie en selfverdediging bestaan, maar dit sluit met vertroue af. Dit sê vir ons dat die oënskynlike onsekerheid van vers 1 – 11 nie ‘n werklkheid was nie. Die psalmis praat dikwels van ‘n onseker plek waar jou voet staan. Hier is dit nie die geval nie. Dit word dan met ‘n stelling van hoop gevolg – die verwagting van die psalmis om weer sy plek in die groot byeenkoms in te neem. Maar juis omdat die psalmis nie ‘n sondaar is nie, kan hy vra vir redding en genade. Hy sal nie struikel nie, want sy pad vorentoe is gelyk. So kan hy sy verantwoordelikheid om God te loof, nakom in die gemeente.

In die volgende blog gaan ons met die teologiese implikasies van Psalm 26 afsluit.

 

image_pdfimage_print