Psalm 35(4)

 

Still, my own pain in this life has taught me that the first step to healing is not a step away from the pain, but a step toward it – Henri Nouwen

 

Psalm 35(4)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

35:19 – 28: ‘n Doelbewuste vals aantyging

Hier kry ons ‘n variasie op die eerste deel. Nou keer die digter terug na ‘n ernstige gebed. Soos in die eerste hoofdeel, vra hy dat die vyande se kwaadstokery op hulle eie kop sal neerkom.

 

35:19: 19Laat my vyande, die bedrieërs, nie oor my bly wees nie, laat hulle wat my sonder rede haat, nie ‘n oog knip nie.

[Om ‘n oog te knip beteken om iets onderduims te doen.] Hier lees ons weer dat die aanvallers  bly was oor die psalmis se struikeling. Die psalmis dring daarop aan dat dit nie moet voortgaan nie. Sonder rede vul bedrieërs en nie ‘n oogknip nie, aan. Dit is iets wat die aanvallers reeds aan die psalmis doen.

 

35:20 – 21: 20Dit is immers nie vrede waaroor hulle praat nie. Teen die vredeliewendes smee hulle bedrieglike planne.

21Ja, hulle rek hulle monde wyd oor my; hulle sê: ”Aha! Aha! Ons het dit self gesien!

Die beskrywing van die aanvallers word voortgesit. Aan die een kant praat hulle nie op so ‘n manier dat dit nie welstand van diegene wat hulle aanval, aanmoedig nie – ook nie dié van die gemeenskap as geheel nie. Die manier waarop hulle praat, bevorder nie vrede nie – Teen die vredeliewendes smee hulle bedrieglike planne. Hulle rek hulle monde wyd – hulle vertel groot leuens. Wat is hierdie leuens? Hulle beweer dat hulle sekere dinge met hulle eie oë gesien het.

 

35:22: 22U het dit tog gesien, Here, moet tog nie stilbly nie, my Heer, moenie ver van my af bly nie!

In 35:22 – 24 kry ons ‘n uitgebreide pleidooi. Ons kry hier ses smeekbedes. Let op die twee pare: my God en my Heer. Die Here het ook gesien. Maar die Here reageer nie op die psalmis se gebed nie of Hy het dit nie gehoor nie. Daarom die oproep dat die Here nie vêr van hom moet bly nie. As die Here naby kom, beteken dit optrede. Op die oomblik het nog niks gebeur nie. Die psalmis vra dat dit reggestel moet word – die regte kombinasie van sien, hoor, praat, naby kom en optrede moet herstel word.

 

35:23: 23Word wakker, staan op vir my regte, vir my verdediging, my God en my Heer.

Hierdie is darem dapper/moedig/onverskrokke. Word wakker, staan op. Hierdie twee smeekbede langs mekaar temper enige moontlike disrespek. Dit versterk ook die pleidooi deur die spesiale verhouding tussen die psalmis en my God/ my Here te beklemtoon. Waar daar so ‘n verhouding is, is brawe pleidooie geoorloof. Hoekom moet die Here dit alles doen? Vir my verdediging.

 

35:24: 24Handhaaf my reg volgens u reg, Here, laat hulle nie oor my bly wees nie.

Die uitoefening van gesag mag trou of ‘n gebrek aan trou manifesteer. Dit word in beslissende optrede uitgedruk.

 

35:25: 25Laat hulle nie hulleself wysmaak: “Aha, net wat ons wou hê!” nie. Laat hulle nie sê: “Ons het hom verslind!” nie.

Die stellings van die aanvallers is soortgelyk.

 

35:26: Laat dié wat hulle oor my teenspoed verbly, almal beskaamd en verleë staan; laat skaamte en vernedering hulle soos klere bedek, dié wat hulle teen my groot hou.

Hier sien ons die aanvallers is mense wat hulle in die psalmis se swaarkry verbly. Hulle hou hulle ook groot teenoor die psalmis. Maar die psalmis stel ‘n ander bestemming voor – heeltemal anders as wat die aanvallers in gedagte het. Hier word die werklikheid van skaamte op ‘n paar maniere uitgedruk. Dit beskryf die skaamte as klere wat aan die aanvallers vasklou. Hier sien ons hoe die aanvallers hulleself verheerlik teenoor die nederigheid van die psalmis. Ons sien ook uit na die omkeer waarna die psalmis uitsien.

 

35:27: 27Mag dié wat wil hê dat reg aan my geskied, juig en bly wees en mag hulle aanhoudend sê: “Groot is die Here, wat vrede vir sy dienskneg begeer!”

Daar is wel mense wat wil hê dat die psalmis reggestel moet word. Hulle was waarskynlik net so hulpeloos soos die psalmis. Hierdie verwys na die vreugde wat uitgedruk sal word as die psalmis reggestel word. Hier kry ons weer die oortuiging dat ‘n eenmalige optrede van die Here ’n voortdurende verskil aan baie mense se lewens sal maak. Die vreugde van die mense toe die Here in trou optree, weerspieël die Here se eie vreugde oor sy dienaar se welstand. In vers 26 het die aanvallers hulleself grootgemaak – hier is die Here groot. Die Here is groot, want Hy doen die regte ding vir iemand in nood – Hy tree op vir sy dienaar se welstand.

 

35:28: 28My tong sal dan bly praat oor die reg wat U handhaaf, die hele dag lank oor die lof wat U toekom.

Die psalmis sal nie kan ophou praat oor die Here se optrede vir sy regstelling nie. Hy doen dit die hele dag lank. Dit sal die gemeenskap aanmoedig om saam met hom bly te wees.

 

Die gedig sluit af met ‘n hoogtepunt. Teenoor die gebede om die vernietiging van die goddelose vyande, staan die gebed om die redding van die regverdiges. Ten spyte van die skare vyande om hom, is daar nog ‘n kring gelowiges wat hom ondersteun. Die digter bid dat hulle sal juig en bly wees. Boweal vra hy dat sy uiteindelike redding ook sal lei tot die geloofsversterking van die regverdiges. Uiteindelik sal hulle bely: “Groot is die Here, wat vrede vir sy dienskneg begeer!”

As die Here hom help, sal die digter ook nie stilbly oor sy verlossing nie. Hy sal dag vir dag die Here loof.