Speuke: Inleiding

image_pdfimage_print

Speuke: Inleiding

Tim Keller en sy vrou, Kathy, het pas ‘’n boek oor Spreuke geskryf: God’s Wisdom for Navigating Life (2017). Ek gaan ‘’n paar blogs aan hierdie boek spandeer. Hulle begin deur kortliks na die verskille tussen Spreuke en die Psalms te kyk. Die Psalms is vol uitdrukkings van emosie, pyn, vreugde en lof. Spreuke roep ons op om die praktiese dissipline van al ons gedagtes op God te fokus, te bestudeer, te bedink, en te leer. Een van die belangrikste boodskappe van Spreuke is dat jy nooit werklik genoeg oor enigiets gedink het nie. Psalms is om ons volledig in geloof op God te werp. Spreuke gaan oor, as jy God vertrou, hoe jy daardie geloof moet uitleef.

 

As ons die boek Spreuke bestudeer is daar ‘’n paar rigtingwysers wat ons met vrug kan gebruik.

  1. Spreuke is poësie

‘’n Spreuk is ‘’n poëtiese kunsvorm wat wysheid in jou inskerp as jy daarmee stoei. Hier is ‘’n paar eienskappe van Hebreeuse poësie om ons te help:

  1. Parallelisme

Die literêre vorm is meestal koeplette – ‘n vers met twee reëls. Die twee dele is gewoonlik aan mekaar verbind deur parallelisme. Daar is drie vorme van parallelisme:

  • Sinonieme parallelisme – dieselfde gedagte word op ‘n ander manier gestel. [Voorbeeld: Ligsinnige mense moet straf te wagte wees, en dwase moet slae verwag – 19:29.]
  • Antitetiese/ kontrasterende parallelisme – die waarheid word in die eerste reël gestel en daarna versterk deur kontraste met ‘n teenoorgestelde waarheid. [Voorbeeld: Die lewe van die regverdiges is vol vreugde; die lewenslig van die goddeloses word uitgedoof – 13:9. Die tweede stelling stel dieselfde waarheid, maar van die teenoorgestelde kant.]
  • Sintetiese parallelisme – die tweede reël ontwikkel die gedagte van die eerste. [Voorbeeld: Die koning wek net soveel vrees as die brul van ‘n leeu; as jy die koning kwaad maak, is jou lewe in gevaar 20:2.]

Die twee gedagtes versterk mekaar wedersyds. As gevolg van parallelisme kom die woorde “ongehoorsaam” en “gehoorsaam” en “wys” en “dwaas” dikwels voor. Hulle betekenis mag van spreuk tot spreuk verskil

 

  1. ‘’n Ander prominente eienskap van Hebreeuse poësie is die gebruik van skerp beelde

Die skoonheid van ‘’n vrou sonder oordeel is soos ‘’n goue ring aan ‘’n vark se snoet (11;22); soos asyn teen die tande, soos rook in die oë so is die lui mens vir iemand wat hom ‘’n opdrag gee (10:26). Hierdie soort spreuk dwing ons om uit te werk oor hoeveel maniere :”dit soos dat “ is.

 

  1. Speuke as raaisel

Spreuke is ‘’n beskrywing van hoe sekere aspekte van die lewe werk. Net deur al die spreuke oor ‘’n spesifieke tema saam te pas en te sien hoe die een die ander een wysig lewer die Spreuke ‘’n volle, multi-dimensionele beeld van ‘’n spesifieke onderwerp. Die spreuke lewer hulle betekenis slegs kumulatief. Geen enkele spreuk gee aan jou die volle beeld nie.

Daar is ‘’n orde waarin God dinge geplaas het toe Hy die wêreld gemaak het en waarin ons moet berus. Maar, hierdie is ‘’n gevalle wêreld en daarom weet die wyse dat die geskape orde nie altyd werk nie. Dit is ook nie altyd maklik om te onderskei nie. Saam bring die spreuke vir ons ‘’n wyse genuanseerde en teologies ryk siening van die wêreld.

 

  1. Spreuke as opvoedkunde

BAIE teoloë glo dat Spreuke oorspronklike ‘’n handboek vir die onderrig van jong mans was. Die aangespreeektes is altyd “seuns”. Daarom dan ook die waarskuwings teen slegte, owerspelige vroue (Spreuke 5 – 7). Dit beteken nie Spreuke is negatief teenoor vroue nie of dat vroue nie onderrig nodig het nie. In Spreuke 1:8, 4:3 en 10:1 is dit beide vader en moeder wat hulle seun onderrig. Dogters is waarskynlik ook onderrig in die wysheid van Spreuke. Die ideale vrou van Spreuke 31 praat met wysheid en gee leiding met liefde (31:26). Die wysheid en onderrig is op almal van toepassing

 

  1. Spreuke as deel van die hele Bybel

Die Bybel bestaan uit verskillende boeke, maar dit bevat een samehangende verhaal. Die verhaal is dat die mens God se goeie skepping deur sonde geskend het. Nou vereis die mens verlossing. Hierdie verlossing is bewerk en kan net deur Jesus Christus verkry word. Spreuke gee vir ons sy volle en rykste betekenis slegs as dit in die lig van die persoon en werk van Jesus gelees word. Jesus het sy luisteraars met sy wysheid verbaas (Lukas 2:40, 47 en Markus 6;2). Jesus self sê: En hier staan Een wat groter is as Salomo (Lukas 11:31). Die Wysheid wat die wêreld geskep het, is Jesus, die Woord van God. (Johannes 1:1 – 4).Paulus verwys na Jesus as die wysheid van God (1 Korintiërs 1:24 en30) en dié Een in wie al God se wysheid verborge is (Kolossense 2;3).

 

Kennis begin met di dien van die Here (Spreuke 1:9). ‘’n Lewende verhouding met God is ‘’n absolute voorvereiste vir wysheid. Dit gaan hier oor eerbied en wonder voor die getroue, verbondsliefde van God. Die Nuwe Testament wys vir ons dat hierdie soort verhouding met die Here net ‘’n volle werklikheid kan word deur geloof in die evangelie van Jesus Christus.

 

Ons gaan volgende keer kyk na: Wat is wysheid?

 

.

 

 

image_pdfimage_print