Stede in hedendaagse Turkye
Stede in hedendaagse Turkye – Francois Malan
Marius vra:
Wil graag die hedendaagse stede in Turkye en die gemeentes wat deur Paulus besoek is bymekaar bring Julle hulp word waardeer.
Antwoord
Paulus se eerste sendingreis:
Vertrek vanaf Antiogië in Sirië (Hand.13:1; 14:26-28) – huidige Antakya in Turkye met die grotkerk van Petrus, en baie mosaieke van gewone huise – in die Hatay museum
Kry die skip by Seleukië (Hand 13:4) – huidige Selucia Pieria (Besikli Magara) by Samandag in Turkye, met die ou hawehoof vanwaar Paulus vertrek het.
Perge (Hand 13:13:13; 14:25) – kyk na die teater by nabygeleë Aspendos
Antiogië in Pisidië (Hand.13:14-52) – nie meer op die kaart nie
Ikonium (Hand 13:51-14:6) – deesdae Konja waar niks van Paulus meer is nie, klooster van Islam se draaiende Derwisjers
Listra (Hand 14:6-20; 21) – bestaan nie meer nie
Derbe (Hand 14:20-21) – bestaan nie meer nie
Atalia (Hand 14:25) – huidige Antalya
Tweede sendingreis
Provinsie Silisië (Hand 15:41) waar Tarsus geleë, waar Paulus gebore is (Hand 9:11,30;
11:25; 21:39; 22:3) vandag nog Tarsus met geboue en put na Paulus vernoem
Derbe, Listra, Ikonium (Hand 16:1-5)
Troas (Hand 16:8-10) – Truva, in die gebied is ook die antieke Troye wat opgegrawe word.
Efese (Hand 18:19-21) huidige Efes – die mees volledige opgrawings van die ou stad met amfiteater, regeringsgeboue, biblioteek, ou tempels, ens. museum by nabygeleë Selsuk
Antiogië in Sirië (Hand.18:22-23) vgl hierbo.
Derde sendingreis
Efese (Hand 19:1-40)
Troas (Hand 20:6-12)
Assus (Hand 20:13-14) – Assos (Behramkale)
Mitelene (Hand 20:14)
Milete (Hand 20:15-38) – Miletus (Milet)
Reis na Rome
Mira (Hand 27:5) – Demre en Myra
Paulus skryf aan Kolosse en verwys na ‘n brief aan Laodisea in die Lykus vallei waar ook Hierapolis geleë is.:
Kolosse aan die voet van die berg bestaan nie meer nie
Laodisea word tans opgegrawe: amfiteater, hoofstraat, ens.
Hierapolis (Pamukkale) is die moeite werd om te besoek.
Verder is die sewe gemeentes van Openbaring ook almal in Turkye: Efese, Smirna (Izmir), Pergamum (Bergama), Tiatire, Sardis (Sart), Filadelfia, Laodisea.
Skrywer: Prof Francois Malan