Die Eerste Brief van Johannes: Antichriste Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe – behou die geloof en oorwin die antichris (2:18-29) (a) antichriste (2:18-19)
Die Eerste Brief van Johannes: Antichriste Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe – behou die geloof en oorwin die antichris (2:18-29) (a) antichriste (2:18-19) – Francois Malan
Van 1:5 af bespreek die skrywer hoe ‘n Christen in die wêreld moet lewe. Die goeie nuus wat alles bepaal, is dat God lig is (1:5-7). Daarna volg vier praktiese aanwysings hoe ‘n Christen in God se lig behoort te lewe, waaraan ‘n Christen ook getoets word: i) negatief: deur sonde te verwerp (1:8-2:2); ii) positief: deur gehoorsaam te wees (2:3-11); iii) negatief: deur wêreldgesindheid te verwerp; iv) positief: deur die geloof te behou (2:18-29).