Die eerste brief van Johannes: Onderhou Jesus se woord Die tweede vereiste om in die lig te kan lewe:
Die eerste brief van Johannes: Onderhou Jesus se woord. Die tweede vereiste om in die lig te kan lewe: Hennie Stander
In 1:5-7 is die noodsaaklikheid gestel om in die lig te lewe. Die eerste vereiste vir egte Christelike lewe is negatief gestel: breek met die sonde (1:8-2:2). Die tweede, positiewe vereiste, is gehoorsaamheid, veral aan die wet van die liefde (2:3-11). Die onmiddelike effek van die lig is om sonde bloot te lê, en die primêre doel van die lig is om ons verantwoordelikheid te belig: om God te ken en God en ons mede-gelowiges lief te hê.