Tagged: Alle Paaie lei na Jesus
Alle Paaie lei na Jesus: Die uittog uit Egipte (1) – Adrio König
Hoofstuk 9
Die uittog uit Egipte
Dit is een van die interessantste temas in die hele boek. Ons gaan van drie kante af daarna kyk:
- Die oorspronklike betekenis
- Die toegepaste betekenis
- Die Nuwe-Testamentiese verwysings
Alle Paaie lei na Jesus: Die onvervulde profesieë van die Ou Testament – Adrio König
8.6 Die onvervulde profesieë van die Ou Testament
Ons moet mooi nadink oor wat ons met onvervulde profesieë bedoel. Ons het reeds gesien dat profesieë besonder vry en op verrassende maniere vervul word. Niemand sou ooit kon dink Amos 9:11-12 is in Paulus se heidensending vervul as Jakobus dit nie spesifiek uitgewys het nie, of dat Joël se oorlogsprofesie in die koms van die Gees vervul is nie. Dit beteken dat baie van die sogenaamde onvervulde profesieë vervul kan wees op maniere waaraan ons nooit eens kan dink nie. Daar is immers nêrens in die Bybel die gedagte dat elke vervulling van ’n profesie in die Bybel aangekondig word soos byvoorbeeld die vervulling van Amos 9 en Joël 2 nie.
Alle Paaie lei na Jesus: Die Toekoms van Israel (2) – Adrio König
’n Nuwe fase ná die verharding?
Daar is mense wat oortuig is dat die verharding van Israel tydelik is, en dat daar ’n nuwe fase in Israel se geskiedenis kom wanneer al die onvervulde profesieë van die Ou Testament vir hulle vervul sal word. Dit word dikwels aan die Duisendjarige Vrederyk verbind. Kom ons kyk na uitsprake in die Nuwe Testament wat volgens hulle in hierdie rigting wys.
Alle Paaie lei na Jesus: Die Toekoms van Israel (1) – Adrio König
8.5 Die toekoms van Israel
Vraagstelling
Daar is in die Ou Testament baie beloftes gemaak vir Israel as die ware Godsvolk. Skynbaar is sommige van hierdie profesieë nie vervul nie. In die Nuwe Testament het Israel as die ware Godsvolk ’n nuwe gestalte gekry: alle Jode en heidene wat in Jesus glo. Wat nou van hierdie beloftes? Is daar nog vir die huidige Israel wat in die staat Israel woon en oor groot dele van die aarde versprei is, ’n aparte rol in die toekoms? Wat is die verband tussen die huidige Israel en die ware Godsvolk?