Die Groot Geloofswoordeboek: Hervorming
Die Groot Geloofswoordeboek: Hervorming
Hervorming/Reformasie • Anglikaanse Kerk
Die woorde “Hervorming” (Kerkhervorming) en “Reformasie” is wisselterme vir die groot beweging in die sestiende eeu toe daar sterk protes (Protestante) gekom het teen sekere praktyke en leerstellings in die Katolieke Kerk. Leidende figure was onder andere Martin Luther, Johannes Calvyn, Ulrich Zwingli en Martin Bucer. Die datum wat gewoonlik as die begin van die Kerkhervorming aangegee word, is 31 Oktober 1517, die dag waarop Luther sy 95 stellings teen die Katolieke Kerk se leer en praktyk teen die kerkdeur van die katedraal in Wittenberg vasgespyker het.