Die Groot Geloofswoordeboek: Apokaliptiek(2)
Die Groot Geloofswoordeboek: Apokaliptiek(2)
Apokaliptiek
Die woord “apokaliptiek” is afgelei van ‘n Griekse woord. Dit dui op ‘n wêreldbeskouing met sterk bonatuurlike elemente, soos bose magte wat die natuur en die mense aanval, goeie magte wat die kinders van God beskerm, wonderwerke, ‘n bonatuurlike wêreldeinde wanneer die sterre sal val, Christus weer sal kom, die dooies sal opstaan, die hele mensdom geoordeel sal word en die aarde nuut gemaak sal word.