Apologetiek: Hoekom is die redelikheid van die Christelike geloof belangrik?
Every yielding to sin is a welcoming of Satan into our very bosoms. —Thomas Brooks
Apologetiek: Hoekom is die redelikheid van die Christelike geloof belangrik?
[Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]
Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld
Dit is baie moeilik om idees wat teen die grein van die dominante kultuur se denke gaan, te verdedig. Ons kan nie geloof verdedig as dit irrasioneel voorkom nie.