Apologetiek: Hoekom is die redelikheid van die Christelike geloof belangrik?

Every yielding to sin is a welcoming of Satan into our very bosoms. —Thomas Brooks

Apologetiek: Hoekom is die redelikheid van die Christelike geloof belangrik?

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Dit is baie moeilik om idees wat teen die grein van die dominante kultuur se denke gaan, te verdedig. Ons kan nie geloof verdedig as dit irrasioneel  voorkom nie.

Wat beteken dit om die redelikheid van die geloof te bewys? Jy is in staat om te bewys dat daar goeie gronde is om te glo dat geloof betroubaar is – byvoorbeeld deur te wys die Christelike geloof maak sin van dit wat ons waarneem en ondervind. Die Christelike geloof word gesien as ‘n lens wat dinge in fokus bring – dit verlig die werklikheid beter as alternatiewe verduidelikings. Jy bepaal nie die krag van ‘n ligbron deur na die gloeilamp te kyk nie, maar deur hoeveel voorwerpe verlig word. Die waarde van ‘n godsdienstige lewe word waardeer deur hoe dit die dinge van hierdie wêreld verlig.

Dus: daar is goeie redes om te glo die Christelike geloof is waar en een van hulle is die mate waartoe dit sin maak van die dinge wat ons om ons en in ons sien. If you see things as they are from the place where you’re standing, you’re standing in the right place (Brian Leftow).

Beide die wetenskap en die Christelike geloof wil die beste getuienis, wat berus op bewyse om te verduidelik wat ons in die wêreld waarneem en ondervind, vind.  Is geloof in God ‘n redelike reaksie op die werklikheid? Om onsself te beperk tot wat die rede en die wetenskap kan bewys, beteken ons kyk net na die oppervlak van die werklikheid en ontdek nooit die dieptes daaronder nie. Geloof reik uit na waarhede , maar beperk hom nie tot waar die rede stop nie.




APOLOGETIEK: DIE BELANG VAN DIE GEHOOR

 

Nothing straight was ever made out of the crooked timber of humanity – Immanuel Kant

Apologetiek: Die belang van die gehoor

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Die evangelieverkondiging moet die geleenthede in die gehoor hanteer. Dit moet verbeeldingryk en kreatief by die gehoor aangepas word. Is dit reg? Ons wil tog immers dieselfde evangelie aan alle mense verkondig.

Die Nuwe Testament self ontwikkel ‘n verskeidenheid apologetiese argumente en style wat duidelik daarop gerig is om verbinding met ‘n spesifieke gehoor te fasiliteer.

Kyk na Paulus se gebruik van die beeld van aanneming as ‘n visuele beeld van versoening. Hy verwag dat sy lesers bekend sal wees daarmee. Maar die konsep van aanneming kry ons nie in die Joodse wet nie. Dit is egter ‘n wetlike kategorie wat aan mense dwarsdeur die Grieks-Romeinse wêreld bekend was. Paulus gebruik hierdie beeld dan in sy briewe aan gemeentes in hierdie wêrelddeel soos Efese en Galate. Geen Nuwe Testamentiese skrywer gebruik hierdie beeld as hy aan ‘n Joodse gehoor skryf nie.

Ons moet onthou dat Paulus sy briewe aan Christene geskryf het – mense wat reeds glo en slegs onderrig, bemoediging en leiding nodig het. Hy dra wel die belange van hierdie nie-Christene op die hart. Hy sê gereeld dat Christene se leefwyse negatiewe gevolge vir sulke mense kan hê. Lees net 1 Korintiërs.

Die twee gedeeltes van die Nuwe Testament wat aanvaar hulle gehore is belangstellende ongelowiges is die evangelies en Handelinge. In die evangelies lees ons van ontmoetings tussen Jesus en individue wat vir ons van groot waarde is. Handelinge skryf van ‘n aantal toesprake en apologetiese benaderings. Ons sien hoe Paulus, Petrus en ander die idees en kommer van ander sosiale groepe direk hanteer. Elkeen van hierdie groepe word in die vroeë kerk verteenwoordig en speel ‘n belangrike rol in die uitreik van die kerk.

Die bekommernisse en benaderings verskil, maar dieselfde evangelie word by elke geleentheid verdedig. Dit word op verskillende maniere oorgedra en bevestig wat bepaal word deur nadenke oor hoe om die evangelie op die mees toepaslike wyse vir ‘n spesifieke groep oor te dra.

Volgende keer gaan ons na Petrus se toespraak op pinksterdag kyk.




Apologetiek: Apologetiek en die werklikheid

I don’t know what your destiny will be, but one thing I do know: the only ones among you who will be really happy are those who have sought and found how to serve. -Albert Schweitzer, filosoof, geneesheer, musikus en Nobel-pryswenner (1875-1965)

Apologetiek: Apologetiek en die werklikheid

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Ons moet mense help om die krag, relevansie en oorredingskrag van die evangelie te ontdek en te waardeer. Jy moet mense help om dit wat reeds daar is, te waardeer

. Daarom moet ons ‘n diepe en ingeligte waardering vir die Christelike geloof ontwikkel. Maar ons moet ook die perspektief van ‘n buitestander ontwikkel. Ons moet verstaan hoe die waarhede van die Christelike geloof verdedig en verduidelik kan word aan mense wat nie met die woordeskat en praktyke van die geloof bekend is nie.

In 1666 het die wiskundige en fisikus Isaac Newton in sy laboratorium in Trinity College, Cambridge, ‘n belangrike ontdekking gemaak. Toe hy ‘n straal wit lig deur ‘n prisma geskyn het, word dit in die sewe kleure van die reënboog opgebreek. Hy besef dat ‘n soortgelyke proses die kleure van die reënboog moes verduidelik – reëndruppels breek die wit lig van die son in sy verteenwoordigende kleure op. Elke kleur was reeds teenwoordig in die wit lig, maar hulle individuele identiteit was nie sigbaar nie. Die prisma laat toe dat die kleure geskei en gesien kan word.

Die evangelie is soos ‘n straal van wit lig – ‘n ryk en ingewikkelde werklikheid bestaande uit ‘n aantal elemente. Elke element moet in eie reg bestudeer en waardeer te word. Ons moet hierdie verskillende elemente van Christelike verkondiging identifiseer en toepaslik gebruik.

Volgende keer kyk ons na die belang van die gehoor in apologetiek.




Apologetiek: Plaas dinge in konteks (3)

. —Frederick Faber

Apologetiek: Plaas dinge in konteks (3)

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Apologetiek het ‘n sterk teologiese dimensie. Kom ons ondersoek dit verder:

  • Die verwysings na geloof in die Johannes-evangelie herinner ons daaraan dat bekering nie die gevolg van menslike wysheid of beredenering is nie – God doen dit. Paulus se prediking in Korinte berus nie op menslike wysheid nie: Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God (1 Korintiërs 2:5). Geloof beteken nie veranderde denke nie, maar persoonlike transformasie as gevolg van ‘n ontmoeting met die lewende God.
  • Die Nuwe Testament  beskryf die menslike natuur as gewond en beskadig deur sonde. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is. Sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is (2 Korintiërs 4:4). Argumente genees nie blindheid nie; die opstapeling van bewyse, kragtige retoriek of ‘n oortuigende persoonlike getuienis genees nie blindheid nie. Blindheid moet genees word en dit kan net God doen. Net God kan die oë van blindes open en hulle in staat stel om die werklikhede van die lewe te sien.
  • Ons besef dat ons ‘n belangrike, maar beperkte, rol speel om mense tot geloof te bring. God bekeer mense, maar ons het die groot voorreg om mense tot op ‘n punt te bring waar God oorneem. Ons wys mense na die bron van genesing; God genees. Ons getuig van die krag van vergifnis; God vergewe. Ons verduidelik hoe God ons lewens verander het; God kom ons lewe binne en verander dit. Ons het ‘n bevoorregte rol om te speel, maar ons word nie aan ons eie oorgelaat nie. Ons werk altyd in die krag en teenwoordigheid van Christus.

Ons moet dus verduidelik dat die menslike natuur gewond, stukkend, gebroke, gevalle is en dat dit deur God se genade genees kan word. Ons genees nie. Ons mag wel uitstekende argumente op die tafel plaas dat genesing wel moontlik is; ons kan persoonlike getuienisse voorlê van mense wie se lewens verander is nadat hulle die genesing ontdek het. Maar uiteindelik word mense genees deur die genesing by Christus te kry, te ontvang en te gebruik. Sonder ons mag hulle dalk nie die genesing kry nie – hulle mag selfs nie eers besef dat hulle siek is nie. Maar die werklike proses van genesing is nie deur ons woorde nie.

Hoe lyk ons teologiese visie van die werklikheid? Daarna gaan ons volgende keer kyk.