Wees altyd beskeie
“Many books are hardly worth even skimming; some should be read quickly; and a few should be read at a rate, usually quite slow, that allows for complete comprehension. Adler en Van Doren
Wees altyd beskeie
Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra mekaar in liefde (Efesiërs 4:2).
Voor die koms van die Christendom was beskeidenheid nooit as ʼn deug gesien nie – dit is iets wat verag is; dit is gesien as kruiperig; dit is as ‘n swakheid beskou. En tog plaas die Christendom dit op die voorgrond van deugde. Hoekom? Waar kom dit vandaan?
¨ Christelike beskeidenheid kom van selfkennis – dit is die deug waardeur ʼn mens bewus word van sy eie onwaardigheid. Om jouself eerlik van aangesig tot aangesig te sien, maak jou nederig. Meeste van ons dramatiseer onsself. Ware beskeidenheid is as ons na onsself kyk en ons swakhede en mislukkings en ons selfsugtigheid raaksien.