Bonhoeffer (31)
Bonhoeffer (31)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Elke optrede van selfdissipline deur ‘n Christen is ook ‘n diens aan die geloofsgemeenskap. Daar is geen sonde in gedagtes, woorde of dade, persoonlik of geheim, wat nie die hele gemeenskap seermaak nie.
As die oorsaak van ‘n siekte in jou liggaam kom, of iemand nou weet waar dit vandaan kom of nie, en of hulle weet in watter lid die siekte vastrapplek gekry het of nie, die hele liggaam word siek.
Net so is dit met die geloofsgemeenskap. Elke lid dien die hele liggaam. Elke lid dra by tot die liggaam se gesondheid – goed of sleg. Hoekom? Want ons is almal lede van een gemeenskap – nie net wanneer ons wil nie, maar altyd. Dit is ‘n geestelike werklikheid wat dikwels in die liggaam ondervind word – soms voordelig, soms destruktief.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- (Romeine 12:4 – 5).
- (Psalm 139:23 – 24).
Voel jou geloofsgemeenskap soos ‘n lewende liggaam waarvan jy ‘n lid is? Hoe kan jy hierdie liggaam beter dien?
Bonhoeffer (28) Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer. Die geloofsgemeenskap leef deur die voorbidding van sy lede vir mekaar. Gebeur dit nie, sal die gemeenskap vernietig word. Ek kan nie ander gelowiges vir wie ek bid, haat of veroordeel nie – al skep hulle baie probleme vir my. In voorbidding word die gesig wat vir my vreemd, selfs ondraaglik, was, verander in ‘n gesig vir wie Jesus Christus gesterf het – die gesig van ‘n sondaar wat vergewe is. Dit is die ontdekking wat die gelowige wat vir ander begin bid het, maak. Daar is geen spanning of onenigheid of struweling wat nie deur voorbidding oorwin kan word nie. Voorbidding is die reinigingsbad waarin die individu en die gemeenskap hulle elke dag moet reinig. Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help: Here, mag ek diegene met wie ek in konflik is, sien as u geliefdes. Mag ek u liefde vir hulle deel deur vir hulle te bid. Amen.Bonhoeffer (28)