Bonhoeffer (34)
Alexander Graham Bell.
Bonhoeffer (34)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
[Bonhoeffer se siening van ‘n lewe onder vyande was gevorm deur sy lewe in Duitsland onder die Nazi’s. Op daardie stadium het Duitsland toenemend vyandig teenoor Christene geword.]
Die Christen kan nie sommer as vanselfsprekend die voorreg om tussen Christene te woon, aanvaar nie. Jesus Christus het omring deur vyande geleef. Teen die einde het al sy dissipels Hom verlaat. Aan die kruis was Hy alleen omring deur misdadigers en ‘n spottende skare mense. Hy het gekom met die uitdruklike doel om vrede vir die vyande van God te bring. Ons as Christene behoort nie ‘n afgesonderde kloosterlewe te lei nie, maar tussen ons vyande. Daar kry Christene hulle roeping – hulle werk.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- (Matteus 10:16).
- (Psalm 23:5 – 6).
Here gee aan my die geloof, die moed en die liefde om getrou te midde van vyande te leef – net soos U dit gedoen het. Amen.
Bonhoeffer (27) As ons verder praat oor diens in die geloofsgemeenskap moet ons van laste praat: Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus (Galasiërs 6:2). Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help: Wie se las help jy dra? Is daar nie mense wie se las jy behoort te help dra nie? Here, maak my gewillig om ander mense se laste te dra. Dankie dat u my laste dra. Amen
. -Norman Cousins Bonhoeffer (26) Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer. ‘n Ander diens wat ek vir ander mense in ‘n geloofsgemeenskap moet doen, is om hulle aktief te help. Ons dink hier aan eenvoudige bystand in klein, eksterne sake. Daar is baie sulke dinge waar mense saam leef. Niemand is te goed om die laagste diens te verrig nie. Mense wat bekommerd is oor die verlies aan tyd wat deur hierdie klein takies in beslag geneem word, neem hulle werk te ernstig op. Ons moet gereed wees om deur God onderbreek te word. Hy sal gereeld ons planne dwarsboom en ons frustreer deur mense met hulle eise en versoeke oor ons pad te stuur.
Here, as ek vandag deur my werk gaan, moenie huiwer om my te onderbreek nie en gee aan my die genade om kennis te neem van hierdie onderbreking. Amen
Bonhoeffer (25) Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer. [As Bonhoeffer van gemeenskap praat, bedoel hy enige byeenkoms van gelowiges, insluitend die gesin.] Ons eerste plig aan ander in die gemeenskap is om na hulle te luister. Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help: Bonhoeffer maak hier ‘n belangrike stelling: die begin van my liefde vir ander Christene is as ek leer om na hulle te luister. Hoekom vind so baie mense dit so moeilik om te luister?Bonhoeffer (27)
Bonhoeffer (26)
Bonhoeffer (25)