Bonhoeffer (15)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Goedkoop genade beteken dat die sonde, maar nie die sondaar, vrygekoop is. Omdat genade alles doen, kan alles maar bly soos dit in die verlede was – alles wat ons doen is immers tevergeefs. Die wêreld bly wêreld en ons bly sondaars. Die Christen leef nes die wêreld leef.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- (Romeine 6:15 – 18).
- (Psalm 51:12 – 14).
Wat gebeur met die dissipels as sout vir die aarde as die kerk sulke goedkoop genade uitdeel? Herken ons sekere van hierdie eienskappe van goedkoop genade wat Bonhoeffer hier identifiseer ook in ons eie lewens of in ons geloofsgemeenskap?
Here, U het my met ‘n ewigdurende liefde lief. Verlos my van goedkoop genade dat ek op u liefde met my hele lewe kan reageer. Amen.
Bonhoeffer (14)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Let wel: nie julle behoort die sout te wees nie, maar julle is. Die dissipels het geen keuse nie – hulle kan nie besluit of hulle sout wil wees of nie. Hierdie is ook nie ‘n oproep op hulle om sout te wees nie. Hulle is die sout of hulle dit nou wil wees of nie. Hoe het hulle hierdie sout geword? Deur die roeping wat na hulle gekom het. Hier staan ook nie dat hulle die sout het nie – hulle is die sout.
Die Hervormers het geglo dat die boodskap wat die dissipels verkondig het die sout is. Dit is te eng. Hulle hele bestaan, in die mate wat dit in Christus se oproep vir dissipelskap gevestig is, is die sout. Almal wat Jesus se oproep om dissipels te wees, gehoorsaam, is die sout vir die aarde – hulle hele bestaan.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- (Matteus 5:13).
- (Psalm 119:34 – 37).
Here, in reaksie op u oproep, wil ek graag wees dit waarvoor U my groep het – sout vir die aarde. Amen.
Bonhoeffer (13)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Wie is diegene wat vervolg word? Hier gaan dit oor diegene wat vir ‘n regverdige saak vervolg word. Dit is Jesus se dissipels wat ly as gevolg van hulle optrede. Jesus se dissipels oordeel en tree anders op as die mense van die wêreld. Hulle doen afstand van hulle eiendom, hulle regte, hulle doen afstand van geweld.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- (Matteus 5:10).
- (Psalm 112:6 – 9)
Here, gee aan my die insig om te weet wat reg is en maak my gewillig om vir ‘n regverdige saak te ly. Amen.
Education without values, as useful as it is, seems rather to make man a more clever devil – C. S. Lewis
Bonhoeffer (11)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Wie is dié wat rein van hart is? Net diegene wat hulle harte volledig aan Jesus gegee het, sodat Hy alleen in hulle heers. Net diegene wat nie hulle eie harte met hulle boosheid bevlek nie. ‘n Rein hart is die eenvoudige hart van ‘n kind – die hart van Adam voor die sondeval; die hart waarin die wil van Jesus en nie my eie wil heers nie. So ‘n hart behoort volledig/onverdeeld aan Christus; so ‘n hart volg Hom waar Hy ook al lei.
Sulke mense se harte is skoon van onrein beelde; hulle word nie heen en weer getrek deur hulle eie bedoelings en begeertes nie.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelverse:
- Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien (Matteus 5:8).
- Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie. So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied – (Psalm 24:3 – 5).
Here, laat my enigste wil wees om volledig aan U te behoort. Amen.