Wat het Jesus Christus self oor die Bybel gesê?
The depths of our misery can never fall below the depths of mercy. —Richard Sibbes
Wat het Jesus Christus self oor die Bybel gesê?
Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Christene leer by wat Jesus Christus sê. Ons moet sy voorbeeld volg en sy gebooie gehoorsaam. Daarom moet ons sy verstaan van die Skrif aanvaar. Ons moet van die Skrif glo wat Jesus Christus daarvan geglo het.
In Jesus se tyd het mense nie boeke gehad nie – ook nie die Bybel soos ons dit ken nie. In hulle sinagoges was daar wel boekrolle van die Ou Testamentiese boeke. Dit was die kosbaarste besittings van die gemeenskap. Die Joodse aanbidding het op die lees van hierdie boekrolle en die verduideliking daarvan gefokus. Die Jode was baie bekend met wat ons vandag as die Ou Testament ken.