Wat moet ek oor God se woord voel?
The best portion of a good man’s life is his little, nameless, unremembered acts of kindness and of love. -William Wordsworth, digter (1770-1850)
Wat moet ek oor God se woord voel?
Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Weereens is daar drie gevoelens oor God se woord.
- Ek moet my in sy woord verheug
Om volgens u verordening te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld (119:14). [Ons kry basies dieselfde in verse 24, 47, 70, 77, 143 en 174.] Die psalmis praat emosioneel oor God se woord. Hy sê die woord is soeter as heuning in sy mond (vers103); is wonderlik (vers 129) en dat hy God se verordeninge baie liefhet (vers 167). Almal van ons word opgewonde as die woorde wat ons lees tot ons voordeel is. Die Bybel se woorde is vir ons tot voordeel.