Paulus oor gelowiges se bydraes – Dit gaan nie oor die geld nie, dit gaan oor God
Wanneer Paulus oor gelowiges se bydraes praat, is sy taalgebruik buitengewoon. Hy vermy die alledaagse begrippe wat met “geld” vereenselwig word en verkies om die saak in teologiese begrippe te verduidelik en te motiveer. Sy doel daarmee is om die Korintiërs te laat opkyk van hulle beursies in hulle hande af, sodat hulle vir God kan raaksien (wat vir hulle iets oor hul beursies wil sê). Vir Paulus gaan dit nie oor die geld nie, dit gaan oor God