Man is at his greatest and highest when upon his knees he comes face to face with God. ― Martyn Lloyd-Jones
Wat beteken Christus?
As mense na Jesus verwys as Jesus Christus dink baie mense dat Christus sy laaste naam (van) is. Die woord Christus is ‘n titel. Dit is afgelei van die Griekse woord Christos wat Messias beteken. Die woord Messias kom van die Hebreeuse mashiach wat die gesalfde beteken. Jesus Christus beteken dus Jesus die Messias of Jesus die gesalfde.
In die Ou Testament lees ons dat toe God vir Dawid as koning gekies het, stuur hy vir Samuel om vir Dawid te gaan salf – Dawid word dus God se gesalfde koning. Dawid is die prototipe van die koning wat eendag sou kom en sy koninkryk sou herstel. Jesus is dus die Seun van Dawid – ‘n nakomeling van Dawid.