Christus as mens
Calvyn
Christus as mens
In Johannes 1:14 lees ons: Die Woord het mens geword (1:14). Hoekom is dit belangrik? Die Hebreërboek skryf heelwat oor hierdie vraag. Hy noem ‘n aantal redes waarom God mens geword het.
Oorwinning
Geen mens kan dit regkry nie. Maar nou lees ons: Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword (2:14). So behaal Hy in sy opstanding die oorwinning. Versoening (2:17). Verlossing vereis nie net dat ons vyand, die duiwel, oorwin moet word nie, maar die toorn van die heilige God moet ook verwyder word. Versoening moet vir die sondes van die mense gemaak word. Jesus Christus bewerk die reiniging van sondes (1:3). Jesus offer Homself as versoening. Vertroosting Ons word vertroos deur God se menswording. Jesus het in elke opsig aan ons gelyk geword (2:17). Hy was wel sonder sonde. (2:11). Daaroor moet ons ons verheug. Jesus se menswording is ‘n keerpunt in die geskiedenis van die mens.