Christus in die Hel
Christus in die Hel – Francois Malan
Frank vra:
Was Christus ooit werklik in die hel? Ek verwys hier na die Apostolicum…en ter helle neergedaal.
Frank vra:
Was Christus ooit werklik in die hel? Ek verwys hier na die Apostolicum…en ter helle neergedaal.
Die Goddelikheid van Jesus was van vroeg af onder Christene ‘n omstrede saak. Daar was in die vierde eeu die bekende stryd rondom *Arius wat Jesus wel baie hoog geag het, maar Hom net beskou het as die eerste (en daarom ook die belangrikste) skepsel van God.
Christus se twee nature
Ons bely dat Christus twee nature het: ‘n Goddelike natuur, en ‘n menslike natuur. Dit is woorde wat nie in die Nuwe Testament van Hom gebruik word nie, maar só geformuleer is tydens die Sinode van Chalcedon in 451 nC.
Ons almal weet van wie ons praat as ons sê: Jesus Christus. Christus is vir ons deel van Jesus se naam, maar eintlik is dit meer as dit.