Deuteronomium 11 – Herrie van Rooy

Jan vra:

In Deut 11 hou die Here die seen en die vloek aan Israel voor. Seën as hulle luister na die gebooie van die Here en vloek as hulle nie luister na die gebooie van die Here nie en afwyk om agter ander gode aan te te loop wat hulle nie geken het nie.

En dan as hulle in die beloofde land ingaan moet hulle die seën op die berg Gerisim lê en die vloek op die berg Ebal.

Wat sou die berge met hulle besetting van die beloofde land te doen gehad het en hoe is die aksie van die seën en vloek uitgevoer, asseblief?

 

Antwoord

Prof Herrie van Rooy antwoord:

Die saak wat in Deut 11 aangeraak word, van die vloek en die seen op die twee berge, word verder uitgewerk in Deut 27. Dit gaan oor ‘n seremonie van verbondshernuwing in die beloofde land. Die twee berge was wes van die Jordaan, in die gebied wat ingeneem sou word. Deuteronomium self speel af oos van die Jordaan en is as geheel ‘n hernuwing van die verbond. Dit moes egter in ‘n seremonie wes van die Jordaan bevestig word. Die twee berge was naby Sigem, bekend uit die dae van die aartsvaders as ‘n plek van aanbidding. Die volk is in twee groepe verdeel en op die twee berge geplaas. Daar moes hulle dan luister na die seeninge en vloeke wat die leviete sou uitspreek en dit dan met ‘amen’ bevestig. Volgens Deut 27 is net die vervloekinge uitgespreek en moes die volk dit dan bevestig. Die verdeling van die volk in twee groepe, volgens die stamme, maak dit duidelik dat die volk moes kies tussen twee moontlikhede, gehoorsaamheid aan God of ongehoorsaamheid. Die volk moes besef dat ongehoorsaamheid oordeel sou bring.

Skrywer: Prof Herrie van Rooy

 




Deuteronomium 4:32 – 40

The Saving Knowledge of God is not the result of the human search for him, or of building up logical inferences to him from the natural order, still less of erecting such access to him through experience, but of his self-disclosure to us in his Son and through his Word.” – David Wells

Deuteronomium 4:32 – 40

Moses is besig om met die volk op die vlaktes van Israel te praat. Daniel Block, in sy kommentaar oor Deuteronomium, maak ‘n baie interessante stelling oor hierdie gedeelte. In die NIV bestaan hierdie gedeelte uit 163 woorde. Moses gebruik 109 woorde om die verhaal van Israel se ondervinding van God se genade te vertel; hy gebruik 26 woorde om teologies oor die gebeure na te dink; hy sluit af met 26 woorde van toepassing.

 

Hy vergelyk dit dan met vandag se preke. In hulle poging om prakties te wees, ontwikkel predikers nie die verhaal van God se genadige verlossing nie – of vertel dit in enkele verbygaande woorde. Daarom kan hulle ook nie die teologiese implikasie van die verhaal uitwys nie. Hulle spandeer meeste van hulle tyd aan afgesaagde (alledaagse) en oppervlakkige toepassings.

Hierdie teks herinner ons daaraan dat ons etiek uit ons teologie voortvloei wat op sy beurt uit die gedagtenis aan God genadige ingryping in die geskiedenis van die mens vloei. Ons verloor nie net die teologie nie, maar ook die verhaal. Daarom moet ons God se verlossingsoptrede beklemtoon. Daarom moet ons preek van Christus wat gekruisig is. In die kruis alleen is daar hoop vir verlossing. Die kruisiging van God was nie net ‘n interessante en unieke geskiedkundige gebeurtenis nie. Dit was ‘n diepgaande  teologiese gebeurtenis, want deur die dood en opstanding van Jesus word sy goddelikheid verkondig (Romeine 1:2 – 6). Paulus skryf in Filippense 2:7 – 11: Maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.

As God se verlossing van die Israeliete uit Egipte baie goddelike krag nodig gehad het, hoeveel meer krag was nodig om ons van die duisternis en sonde te red. Dit is wat Jesus vir ons bewerkstellig het.. Daarmee bewys Hy dat Hy God is. Ons is verlos en daarom moet ons ons in vreugdevolle gehoorsaamheid aan Hom toewy. Daarom lees ons: As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer (Johannes 14:15)

 




Onrein na Geboorte

Onrein na Geboorte – Marius Nel

Elzabe vra

Waarom was die vroue van Deuteronomium langer onrein na die geboorte van ‘n dogter as na die geboorte van n seun?

Antwoord:

Dr Marius Nel antwoord:

Dit het te doen gehad met hoe na manlikheid en vroulikheid gekyk is in terme van antieke Israel se kultus, en dit het ook so voorgekom in ander kulture. Manne se heiligheid was meer en hoër as vroue s’n, en daarom mag hulle nader aan die heiligdom kom as vroue. Nadat die tempel voltooi is, was daar ‘n voorhof naas dié van die priesters waar manne kon staan en aanbid, en daarnaas dié van vroue, nog verder weg van tempel. En daarom was ‘n vrou ook langer onrein wanneer sy geboorte aan ‘n dogter gegee het.

 

Outeur: Dr Marius Nel