“If God be God over us, he must be over us in every thing.” Peter Bulkeley
Ontmoetings met Jesus: Die Bruilofsfees (1)
[Ek maak onder andere van Timothy Keller se boek Encounters with Jesus gebruik.]
In die Johannes-evangelie lees ons van ‘n hele aantal ontmoetings wat Jesus met individue gehad het. In hulle antwoord Hy van die groot lewensvrae. Hier gaan dit oor Jesus se bywoning by die bruilofsfees in Kana (Johannes 2). Die vraag wat ons uit hierdie ontmoeting gaan antwoord, is: Ons het gesien dat Jesus gekom het om dinge op aarde reg te stel: Hoe het Hy dit gedoen?
Jesus, sy moeder en sy dissipels woon ‘n bruilofsfees in Kana by. In tradisionele kulture word meer aandag aan die familie en gemeenskap as aan die individu gegee. Wat destyds belangrik was, is nie individuele prestasies nie, maar of jy ‘n goeie man, eggenoot, ouer, seun, dogter is. Daarom gaan ‘n huwelik nie net oor die geluk van twee mense nie, maar om die gemeenskap aan mekaar te verbind en so die volgende geslag groot te maak.