Dissipels maak dissipels
There is no pride so dangerous, none so subtle and insidious, as the pride of holiness. —Andrew Murray
Dissipels maak dissipels
Ek gaan heelwat blogs oor dissipelskap skryf. Ek gaan onder andere van Francis Chan se boek Multiply gebruik maak.
Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak (Matteus 4:19)
Vanaf die begin was dit die metode: maak dissipels en dissipels van Jesus maak meer dissipels. Hierdie is ‘n belofte: Jesus sal sy dissipels neem en hulle in dissipelmakers verander. Eintlik is dit ‘n opdrag: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek jou beveel het (Matteus 28:19 – 20). Dit was God se plan oor hoe om die evangelie te versprei; dit is waarvoor die kerk bekend behoort te wees.