Dissipelskap en eredienste
. Charles Spurgeon
Dissipelskap
Hoeveel van ons tyd en energie moet ons spandeer op die erediens op Sondae en hoeveel op dissipelskap. Sommige sê dat eredienste ‘n gehoor verseker. Ware dissipelskap gebeur egter selde in ‘n groot vergadering.
Ander sê weer dat jy by die eredienste jou beste leermeester het om met die mense te praat en hulle te onderrig. Dit is waar jy mense die Christelike leerstellings en hoe om te aanbid, leer. Dit is die belangrikste faktor wat mense na jou gemeente trek.
Ons mors so baie tyd en energie om te stry oor dinge wat onnodig is. Enige gemeente moet beide hê: eredienste en dissipelskap. Ons moet mense lei om ‘n besluit vir Jesus Christus te neem, maar ons kan nie daar ophou nie – ons moet hulle lei tot volwaardige dissipels.
Dissipelskap beteken om in die spore van Jesus te loop, ja, om Hom te volg. Jy is sy volgeling, die een wat wil wees waar Hy is en wil doen wat Hy doen.
Jesus het aanvanklik twaalf dissipels gekies wat Hom moes volg terwyl Hy hier op aarde was. Hy het hulle alles gewys en geleer wat nodig was. Hulle het die kern van die latere kerk geword. Net soos hulle dissipels (navolgelinge van Jesus) was, net so moet elkeen wat vandag nog aan Jesus behoort sy navolgeling wees. Jesus het vir ons mooi voorbeelde gegee van wat dit beteken om Hom te volg. Toe Hy oppad was na sy kruisiging het Hy vir sy dissipels gesê hulle moet ook hulle kruise opneem (Matteus 16:24-26). Dit beteken dat hulle nie moet terugdeins as hulle gevra word om hulle lewens vir God se saak te gee nie. Jesus het die pad van lyding en opoffering gestap; hulle moet ook. Dit is eintlik logies, sê Jesus. Wat help dit jy palm die hele wêreld tydens jou aardse lewe in, maar jy verloor die ewige lewe? Dan het jy ʼn ewigheid vir ʼn “paar jaar” geruil. Om Jesus se dissipel te wees, ja, om Hom te volg, vra opoffering. Dit mag wees dat jy soms nie eers ʼn plek gaan hê om te slaap nie (Matteus 8:18-20). Dan moet jy die Here bly volg. Jy kan ook nie draaie hardloop (nou volg jy die Here vir ʼn rukkie en dan weer nie) as jy sy dissipel wil wees nie (Matteus 8:21-22). Jy moet jou fokus heeltemal op Jesus plaas. Hom moet jy volg! Boek: Geloof in Aksie-BybelOm in die spore van Jesus te loop (Dissipelskap)
Om in die spore van Jesus te loop (Dissipelskap)
Skrywers: Prof Jan van der Watt, Dr Stephan Joubert, Dr Johan Smith
Uitgewers: Christelike Uitgewers Maatskappy