ETIEK: MY SPESIFIEKE TERREIN
“Everyone thinks of changing the world, but no one thinks of changing himself.” – Leo Tolstoy
Etiek: My spesifieke terrein
C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Reg aan die begin het ons gesê dat die beginsels van hierdie beweging drieërlei is:
- Etiek – verbind tot kwaliteit en nie net aan kwantiteit en doeltreffendheid nie. Die uitdaging is om die beliggaming van Jesus Christus in ‘n spesifieke plek te wees.
- Ekologie – ons oproep om Jesus Christus te volg moet binne God se sending van die versoening van alle dinge verstaan word. Ons moenie net aan wat ons doen aandag gee nie, maar ook aan hoe ons dit doen.
- Ekonomie – dit verwys na God se oorvloedige voorsiening vir God se versoeningswerk.
Die eerste aspek waarna ons gaan kyk, is terrein.
Just remember, you can never franchise the blessings of God – Warren Wiersbe
Daar is sekere kenmerke van die koninkryk van God wat herhaal kan word. As ons hoor dat Jesus die koninkryk met suurdeeg en ‘n mosterdsaad vergelyk besef ons dit is ‘n raamwerk vir groei – organies, dikwels onsigbaar vir die blote oog en uiteindelik geheimsinnig. In Handelinge 8 probeer Simon die towenaar die bevoegdheid van Petrus kry om te verseker dat elkeen op wie hy sy hande lê die Heilige Gees kan ontvang. Petrus wys hom tereg. Dit is duidelik dat ons nie die koninkryk van God kan koop nie.